9 dae gelede
Berk is al hard-up vir BJ wyl hy in droomland is
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK SIT al vyf jaar met hierdie probleem van my en ek begin nou baie moedeloos raak.

Antie, ek het nou al ’n paar honderd keer vir my meisie gevra om my in my slaap te suig.

Dis nie asof ons nie oral sex het nie. Sy suig my en ek lek haar.

Sy sê sy sal dit doen, maar het dit in al die jare dat ek so mooi vra nog nooit gedoen nie.

Ek het al kaal langs haar begin lê, maar sy vang nog net niks.

Ek het haar nou gesê dat dit nie só kan gaan nie en dat ek maar ’n ander meisie gaan vra om my te suig.

Nou sê sy dan moet ek haar los, maar ek sê vir haar ek sal nie met die ander meisie seks hê nie.

Ek wil net in my slaap gesuig wees, want ek wil dit baie graag ervaar.

Sy het al hoeveel kanse gehad om my in my slaap te suig, maar sy sê nou sy bly vergeet.

Ek soek asseblief raad, Antie. Wat doen ek?

Gaan ek voort met my plan om ’n ander meisie te vra, of moet ek nog ’n heel laaste keer vir my meisie vra, al is die hoeveelste keer? Moeg Gewag, WhatsApp

Uit die mond van ’n suigeling! Wat is jou obsessie met ’n gesuig in jou slaap?

Jy kry darem klaar iets wat Antie weet baie mans hul lippe voor aflek, maar nooit kry nie.

En hoe gaan jy weet hierdie daad is op jou geperform as jy slaap, hè?

Hierdie versoek blyk net ’n verskoning van jou te wees om ’n ander meisie by te kom, want as jy hierdie gedoentes in jou slaap aan jou gedoen wil hê, dan beteken dit mos hierdie ander meisie moet saam met jou in die bed wees.

Kyk, Antie verstaan elke diertjie het sy plesiertjie.

Maar dit is gewoonlik wanneer hierdie diertjie wa­wyd wakker is.

Jou meisie vergeet nie elke keer hiervan nie, vrind. Sy is nie lus om haar slaap op te offer net sodat sy in jou slaap met jou eiers moet speel nie.

Nee, man, dis tyd om hierdie fantasie te laat vaar, want jy gaan in die proses jou meisie verloor.

Moet sy nou haar beauty sleep opoffer en dít vir jou grille?

Laat sy maar liewer vir haar iemand gaan kry wat haar nie uit die slaap wil hou nie.

En dan kyk jy maar of jy ’n vrou in die lewe gaan kry wat diep in die nag lus het om met ’n paar slapende ballas te speel.

Liewe Antie Mona

EK EN my vrou van 15 jaar is nou drie maande van bed en tafel geskei.

Ons het drie kinders, maar staan tans op skei.

Ek soek egter nóú al ’n vrou langs my, Antie.

My skeipapiere is al almal ingegee. Sal dit wys wees om nou al ’n bed met iemand anders te deel, of dink Antie ek moet eers wag totdat die skeiproses afgehandel is?

Om so baie te skommel en porn te kyk voel nou nie meer so heeltemal gesond nie.

Het Antie raad vir my, asseblief? – Meneer Lus, WhatsApp

Ai, ten minste het “Hannelie” jou die afgelope drie maande deur jou belustigste tye gedra.

Dis vir Antie jammer dat jul lang huwelik nie staande kon bly nie. Jy klink vasbeslote om dinge te beëindig.

Sal ’n bietjie langer se wag jou rug krommer laat trek?

Totdat die proses wettig afgehandel is en jy met jou skeipapiere in jou hand staan, is jy nog ’n wettig getroude man.

Jy hoef seker nie vir veel langer jou hande só te verniel nie?

Liewe Antie Mona

EK IS 19 jaar oud. My boy­friend word nou 21.

Ons is die meeste van die tyd saam. Hy was laas jaar drie maande weg om in T te gaan leer en deesdae sien ons mekaar glad nie meer so baie nie, want hy werk heeltyd en kry nooit af nie.

Wanneer ek by hom is, skel ons nooit, maar wanneer ons nie mekaar sien nie, skel ons baie oor die foon. Ek weet nie of dit stres is en of hy iemand anders sien nie. – B van H, WhatsApp

G’n mens kan heeltyd werk en eenvoudig nooit af wees nie.

Dalk is dit die aanpassing van werk wat jul verhouding affekteer; dalk is daar ’n ander mooi slang in die gras...

Dis tyd dat julle ’n eerlike, oop gesprek het oor waarheen jul rela­tion­ship op pad is.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters