Verlede maand
Bang meisie soek net liefde en respek
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS ’n 28-jarige ma van twee kinders. Hulle is een pa se kinders.

Antie, my kinders se pa is baie abusive en baklei baie met my.

Dit het begin maak dat ek begin rondkyk vir iets beters.

Die nuwe persoon in my lewe laat my soos ’n vrou voel. Ek lag en is gelukkig in sy company.

Maar my probleem is as my kinders se pa hiervan gaan uitvind, gaan hy my doodmaak.

Ek het al my kinders se pa ’n hele paar keer in die tronk gesit. Hy het ook al my enkel gebreek.

Hy het ook onlangs ’n verhouding met ’n ander vrou aangehad.

Elke keer as hy wil gaan drink waar sy bly, dan baklei hy met my en my babatjie.

Ek is moeg om so in vrees te bly. Ek mag nie my lewe geniet nie. Hy wil my nie eens saamvat na sy vriende toe nie.

Hy wil my elke keer omkoop met mooi klere, tekkies en gee wat ek vra.

Maar dis nie wat ek soek nie. Ek soek liefde en respek.

Ek kan nie die nuwe outjie so aan ’n lyntjie hou nie.

Ek is bang my kinders se pa maak ons albei nog seer. – Bang Meisie, Whats­App

Antie het maar die gedeelte uit­gehaal waar jy sê waar jou kinders se pa werk.

Maar uit die aard van sy werk is hy nie baie tuis nie.

Dit gee jou hope geleenthede om jou goed te vat en te trek.

Jy weet daar is ’n groot moontlikheid dat hierdie man jou gaan seermaak as hy van jou ander verhouding sou uitvind.

So hoekom nog bly? Hy verneuk jou, jy verneuk hom... Wag jy dan op meer tekkies en maybe ook ’n STD? Dit is nie net jou veiligheid wat op die spel is nie, maar ook jou kinders s’n. Jy sê nie in soveel woorde so nie, maar Antie lei af hy lig nie net sy pofferhandjies vir jou nie, maar vir die kinders ook.

Vir wat bly jy nog by hierdie ding? Vir tekkies en mooi klere?

Gaan tekkies jou lewe of jou kinders s’n terugbring sou hy tot die uiterste gaan?

Dit is tyd dat jy jou en die kinders uit die situasie kry.

Dit is tyd dat jy hierdie ding aan die wet blootstel vir die dinge wat hy aan jou doen.

Abusers soos hy se graad van gewelddadigheid neem toe met tyd.

Hoe langer jy by hom bly, hoe erger gaan hy raak. Mense soos hy koel nie af en verbeter nie. Veral nie as hy gaan uitvind dat jy, nes hy, die kat in die donker knyp nie.

As jy vir jou iemand wil kry wat liefde en waardering vir jou het, moet jy dit doen in ’n environment wat veilig vir jou en veral die kinders gaan wees.

Moenie jou dom hou nie. Jy het al in koerante gelees tot watter uiterstes etters soos jou kinders se pa in staat is.

Maak dat jy en die kids wegkom van hom af.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters