Verlede maand
Baby mama maak my love life baie moeilik
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK EN my kind se ma baklei soos kat en hond.

Dit gaan nou al ’n paar jaar so aan.

Ons is nie meer saam nie. Ek het aanbeweeg nadat sy op my gecheat het, maar ek sorg vir ons kind.

Antie, ek pay nie baie nie, maar ek sorg goed vir ons kind. Ek sal myself eerder tekort doen as om geld van my kind te hou.

Maar die ma is eenvoudig net onmoontlik. Sy bly die een ná die ander demand maak. En as ek nie wil ingee nie, dan weier sy dat ek my kind sien.

Sy put my uit en plaas onnodige strain op my current verhouding.

Sy sal my sommer haar profile pic op Facebook of WhatsApp maak, of vir my pics van haarself WhatsApp.

Ek is eerlik met my girlfriend hieroor en wys haar al die goed, maar soms moet ek hoor: Ja, hoekom sal sy dié goed vir my stuur as daar nie encouragement van my kant af kom nie.

Dit maak dan dat ons stry en vir dae kwaad bly vir mekaar. Ek kan regtig nie meer so aangaan nie.

Wat maak ’n man met ’n vroumens wat net nie wil aanvaar dat dinge verby is tussen ons nie?

En dis nie asof sy single is nie. Ek hoor gereeld sy date ouens.Moedeloos, WhatsApp

Wanneer ’n couple split en daar is ’n kind involved, kan dinge baie nasty raak.

Die gegriefde een sal dan sommer die kind inspan om die ander een te spite, wat natuurlik baie verkeerd is.

G’n kind hoort in die middel van enige fight tussen mense wat veronderstel is om volwasse te wees en wat van beter behoort te weet nie.

Jy noem dit nie, maar Antie kry so die idee dat jy en jou eks-girl se arrangement nie deur ’n hof bekragtig is nie.

Indien dit die geval was, sal jou saak soveel sterker staan om toegang tot jou kind te kry.

As jy dit nog nie gedoen het nie, is dit tyd dat jy jou tot die kinderhof wend om nie net jou maintenance-bedrag te bepaal nie, maar ook visitation rights met jou kind. In die toekoms sal dit dan beteken dat indien jou eks weier dat jy jou kind sien, dit in violation sal wees met ’n beslissing wat deur die hof bekragtig is.

Wat haar lastigheid betref, sal ek as ek jy was, sommer my girlfriend saamvat vir ’n talk met dié eks.

Laat sy verstaan jy respekteer haar as die kind van jou ma, maar dat daar geen romantiese gevoelens meer van jou kant af is nie.

Hopelik is só ’n talk net wat sy nodig het sodat julle saam kan fokus op die grootmaak van jul kind en ál die kleinding se behoeftes, en niks anders nie.

Liewe Antie Mona

EK WOU nog altyd my pa ontmoet.

Hy en my ma is uitmekaar toe ek seker so twee, drie jaar oud was.

Toe, laas jaar, 20 jaar later, het ek hom finally in D opgespoor.

Ek was so bly dat ek ’n nommer van hom in die hande kon kry, want oor die jare het ek gedroom van ’n ontmoeting met die man wat my help in die lewe bring het.

Ek het hom op WhatsApp kontak en verduidelik wie ek is.

Kan Antie glo hoe onbeskof hy was? Wou weet wie is ek, waar kry ek sy nommer en wat soek ek van hom.

Hoe meer ek probeer verduidelik het dat ek niks geld van hom soek nie, maar hom net wou ontmoet, hoe meer onbeskof het hy begin raak.

Hy het so ver gegaan om te reply dat hy nie met sy mistakes van die verlede wil ontmoet nie. Dit het my baie seergemaak.

Hy reply deesdae nie meer op my boodskappe nie en blue tick my net. Ek kan nie glo hy is so wreed en koud nie. Baie van my vriende het gesê ek moet hom aflos, maar niemand verstaan die verlange in my hart nie.

Sy woorde het my baie seergemaak, maar daar is steeds die begeerte om die man te ontmoet wat my biologiese pa is.

Hoe maak ek in dié geval, Antie? – T van R, WhatsApp

Seker die grootste sonde wat enige man op die aarde kan commit, is om sy eie bloed te ontken.

Antie verstaan die verlange en hunkering na jou pa – selfs al is hy so ’n gevoellose boks.

Jou hele lewe lank het jy gesien hoe jou vriende hul ouers in hul lewe het en daai brandende gevoel om jou pa te ontmoet, het net groter en groter geword.

Die man is seker diep bang jy dagvaar hom vir al die jare wat hy nie ’n bydrae in jou opvoeding gemaak het nie. Dis baie beslis geen verskoning vir sy gedrag nie.

Liefie, sy ontkenning en weiering om jou te ontmoet maak nie van jou minder mens nie. Jy bly die prag van ’n mens wat jy is en wat jy sonder sy involvement in jou lewe geword het. Staan terug en kyk dan of hy van sy kant af ’n effort maak. Indien nie, hou jou kop omhoog en kap aan met die lewe.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters