Verlede maand
Baba-drama maak sagte vrou nasty
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK EN my vrou is al langer as twee jaar getroud, maar ons kon net nog nie ’n baba maak nie.

Ons was al vir toetse en alles, en daar is niks fout met enige een van ons twee nie.

Maar vertel dit nou vir my vrou. Ek moet time and again hoor ek het wind vir ballas en dat dit my skuld is dat sy nie swanger kan raak nie.

Dan wil sy die next dag mooi om verskoning vra. Ek kan dit nie meer vat nie.

Die stres vreet aan my. Haar nastiness vreet aan my.

Ek het nooit geweet my vrou kan so hard, maar ook so sag wees nie.

Daar is ’n kollega by die werk teenoor wie ek uitpak.

Sy verstaan my en gee my baiekeer raad.

Daar is dae dat ek wens dat ek eerder met hierdie kollega getroud was, want maak nie saak hoeveel keer my vrou apologise nie, sy doen dit later net weer. – Moeg van Stry, E-pos

Geduld behoort die wagwoord te wees, maar vertel dit nou vir daai vrou van jou.

Al die goeie dinge in die lewe gebeur op die regte tyd. Deur druk op julself te sit, maak julle dit vir julself moeiliker om te conceive.

En kom ons wees nou eerlik: Dit vat sommer die joy uit die intieme oomblikke, want dit moes nou al by tye vir jou gevoel het jy is op ’n kindmaak-mission wanneer julle liefde maak.

Kan jy imagine hoeveel pressure dit op albei van julle se liggame moet sit? Julle need ’n way om die druk van julself af te haal sodat nature op sy eie tyd haar gang kan gaan.

En dis tyd dat jy hierdie issues in jou huwelik met jou vrou bespreek en nie ’n ander vroumens nie. Daai is soek vir dinge wat kon gebly het, soos wat jy nou al moes agterkom.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters