Verlede maand
As man drank in sy gat het, is alle vroue sexy
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS 30 jaar oud en my man is 53.

Ons het vier kinders en is al agt jaar getroud.

Antie, my man hou van ander vroumense – veral as hy drank in sy gat het.

Enige vrou is dan vir hom sexy en hy vergeet van my en ons gesin by die huis.

Hy ontken later alles en is altyd op soek na ’n stryery.

Dan word daar gesê ek is so bad looking. Is my koek dan nie genoeg vir hom nie?Hartseer Vrou, WhatsApp

Liefie, as jy dan so “bad looking” is soos wat hy te kenne wil gee, hoekom het hy dan vier kinders by jou lê en maak?

Hierdie man van jou wil nog jong man speel. Hy verbeel hom hy is nog daai ou van maybe 20 jaar gelede wat met elke rokdraer kon flirt.

Oor die 50 jaar oud, maar wil nie sy jol-handskoene ophang nie?

Dan wil hy die skuld op jou pak en jou blameer vir die dinge wat hy aanvang.

Antie reken hy is ’n bietjie te laat vir ’n midlife crisis en need om sy lewe agtermekaar te kry.

Om hom die Casanova van sy buurt te wil hou, laat hom belaglik lyk, maar hy sal natuurlik die laaste mens wees wat dit sal besef.

Moenie toelaat dat hy meer oor jou loop en jou emotionally afbreek nie. Jy is ’n sterk, beautiful vrou wat meer verdien as die behandeling wat jy tans kry.

Dis tyd om jou vrou te staan en hom op sy plek te sit.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters