22 dae gelede
Antie moenie gevriet koop met sleg mans, vroue
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

NOUDAT my TV stukkend is, gaan Antie op TV wees.

Moet nou nie weer gevriet koop met al die sleg mans en vroue wat wil hê Antie moet miracles perform met hul slegtigheid nie.

Sommige van hulle likes die abuse, nou wil hulle hê Antie moet hulle jammer kry. – TV-loos, Whats­App

Haai, liefie, jy is nie net TV-loos nie, jy klink darem baie nasty en verbitterd ook.

En Antie koop nie gevriet soos wat jy dit stel nie, hoor. Antie het nie geld vir dit nie.

Dis nie mooi van jou om te sê mense hou daarvan om abuse te word nie.

Het jy al ooit ’n dag in hul skoene gestap om eerstehands te ervaar wat hulle deurmaak?

Niemand kan so sterk en breëbors deur die lewe soos jy stap nie. Jy is so sterk dat jy nie ’n TV in die lewe nodig het nie.

Daar is mense vir wie die lewe elke liewe dag ’n struggle is.

Moenie kom staan en maak asof hierdie sulke drama queens is wat net aandag soek nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters