Verlede maand
Alleen en plat in kamer
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK HET iets baie stupid aangevang en weet nie hoe om dit te fix nie.

Antie, nie net het ek op my meisie gecheat nie, die girl met wie ek die one-night stand gehad het, is ook nou pregnant.

Sy verwag nou my kind. Dis wat sy claim, maar ek is nie so seker nie, want sy het ook met ’n vriend van my geslaap.

Vir nou is paternity die minste van my worries, want my meisie het my gelos. Ek het nie eens die kans gekry om alles aan haar te explain nie, want pregnant mamma het sommer self my meisie gewhatsapp en vertel. Dít nadat ek vir haar gesê het ek gaan my meisie vertel.

Hulle twee kom glad nie oor die weg nie omdat ek eers uitgegaan het met die een wat nou swanger is.

Maar ek is lief vir die meisie wat my nou gedrop het, Antie. Ek besef nou sy is die een en ek wil graag dinge uitpraat, maar sy wil niks verstaan nie.

Ek mag nou nie eens meer by hul huis kom nie. Die ding vreet so aan my dat ek nie eens meer lus is om met my brasse uit te hang nie.

Ek gaan nou maar net werk toe en by die huis lê ek in my kamer.

My eks blok my oproepe en het ook alle pics van ons op Facebook delete. Dis nou asof ek nooit in haar lewe bestaan het nie.

Antie, ek val in my skuld. Ek weet ek was verkeerd.

Maar dink Antie nie ek verdien ’n kans om dinge aan haar te explain en te vra vir nog ’n kans nie? Ons het al gepraat van eendag trou, nou is daai droom ook verwoes. – CJ van R, E-pos

Pleks van trou, is daar nou berou.

CJ, jy klink down en out en maybe sal dit nie fair wees om die volgende vir jou te vra nie, maar wat het jy gedink gaan gebeur as jy op jou meisie cheat deur unprotected seks met jou eks te het?

En clearly kon die eks nie wag om swanger te raak en dit onder jou recent eks se neus te vryf nie.

Hierdie is iets waarvoor jou gewese meisie jou heel waarskynlik nooit sal vergewe nie.

Jy kan haar tyd gee om oor die ergste skok te kom, maar die babatjie wat op pad is, sal altyd daar wees.

Hierdie onskuldige kindjie gaan vir haar altyd ’n reminder wees van jou ontrou. Dit sal beter wees as jy vir nou maar fokus op jou komende rol as pa.

Om ’n kind groot te maak is klaar nie speletjies nie. Dis nog moeiliker as iemand by is wat jy nie gepicture het as die ma van jou kinders nie.

Liewe Antie Mona

HIER in ons buurt is ’n man wat hom baie spuls met kinders hou.

Hy is ’n ou, getroude man, maar probeer die meisies met geld omkoop.

Baie vat hom net vir ’n pop en vreet sy geld op, maar ek dink nie wat hy doen is reg nie.

Sy arme vrou is al so skaam vir sy dinge dat sy nie meer weet waar om haar gesig weg te steek nie.

Die ergste van alles is dat hy nog in die kerkraad ook dien.

Sondae stap hy vroom kerk toe, deur die week loer hy oor sy heining met belustige oë as die kinders in die pad speel.

Ek het al klaar gesweer ek moer hom disnis as hy net na my dogter se kant toe loer.

Dit is veral die armer kinders, dié in wie se huishoudings dit nie so lekker gaan nie, wat hy teiken. Ek is baie lus en noem sy naam. – Bekommerde Ouer

Maar so ’n vuil uil van ’n ouballie! Ja-nee, hy sal fyn dopgehou moet word.

Die hartseer realiteit is dat daar baie van hierdie wolwe is wat in gemeenskappe lurk. En meer as dikwels is almal van hulle se modus operandi om op arm kinders te teer.

Geld, lekkers en selfs duur klere en tekkies word dan as lokaas ingespan.

Hierdie situasie moet nie net gemonitor word nie, dis tyd dat jy met die res van jou straat se mense gesels en dan kan julle ’n draai by die jagse omie gaan gooi.

Laat hy weet dat julle deur sy katoolse planne sien en dat julle sy gat diep in die tronk gaan sit as hy net waag verkeerd trap.

Gesels ook met die betrokke kinders, verduidelik die erns aan hulle en moedig hulle aan om niks meer van daai ou jong te vat nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters