16 dae gelede
Alkie-ma se boyfriend is ’n sleg vrouejagter
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK IS ’n 43-jarige dame en het ’n ou in die tronk ontmoet.

Ons was vier jaar saam. Die dag toe hy uitkom, het ons net twee keer ontmoet.

Hy bel my nie eens nie. Hy het altyd gesê hy is lief vir my en dat ons eendag gaan trou.

Ek weet nie waar hy bly nie. Moet ek maar vergeet van hom? – Hartseer, WhatsApp

Liefie, daar is nie ’n ander way om dit te sê nie: Hierdie ou het jou net gebruik terwyl hy agter tralies was.

Die oomblik toe hy uitkom, het hy ’n paar gasverskynings in jou lewe gemaak en toe verdwyn.

Óf hy het sy lewe hervat óf hy is terug agter tralies.

Hoe dit ook al sy, dit baat nie jy mors verder jou tyd met iemand van wie jy so min weet nie.

Liewe Antie Mona

EK HET vir drie maande vir EPWP gewerk.

Nou moet ek vir drie maande wag voor ek weer ’n kontrak kan teken van ses maande, maar ek kan nie wag nie.

Dis vervelig om so by die huis te sit en niksdoen. – Moedeloos, WhatsApp

Soos Antie die proses verstaan, word daardie kontrakte roteer om soveel as moontlik mense ’n kans op ’n inkomste te bied.

Jy hoef nie vir jou volgende beurt te wag nie, want niks keer jou om uit te kyk vir ander werke nie.

Om uit te kyk vir werk, jou CV in te gooi en vir job interviews te gaan, is iets waarmee jy jou besig kan hou.

Werk is skaars, maar diegene wat aanhou aansoek doen, kry eventually iets. Alle sterkte!

Liewe Antie Mona

MY MA het laas Oktober in haar eie huis ingetrek.

Ek en my dogter (5) en my 24-jarige broer bly by haar.

Ek het ’n vaste werk met ’n goeie inkomste.

My werkskollegas het my laas jaar gehelp met teël- en verfwerk en die meubels in die huis is alles myne wat ek bymekaar gemaak het met my kollegas se hulp.

My ma se kêrel het haar in 2020 amper doodgeslaan, maar einde Desember toe gooi sy my en my broer soos honde uit.

My broer slaap tans buite en ek bly by my kêrel, my dogtertjie se pa. My ma se kêrel is ’n vrouejagter en ’n dwelm- en drankverslaafde.

My ma is ook hoogs verslaaf aan alkohol en wil niks verkeerd hoor van hierdie man nie.

Hy het al twee keer probeer om seks op my af te dwing. Op die buurvrou ook.

Steeds wil my ma niks van hom weet nie. Hy lewe soos ’n huisbaas saam met haar en haar kinders moet rondswerf.

Ek kan nie glo my ma sit haar kinders en kleinkind uit nie.

Watter soort ma doen dit aan haar eie vlees en bloed?

Die kêrel is so vuil en stink verskriklik. G’n mens wil aan hom raak nie.

Hy maak ons ma teen ons op, dan vat sy sy part.

Ek het al hoeveel keer probeer om dinge reg te maak tusen ons, maar niks werk nie.

Hulle werk nie elke dag nie en die kêrel gee nie vir haar kosgeld nie. Wat gaan van my ma word?

As hy haar moet slaan, sal daar niemand wees om haar te help nie. – Bekommerde Dogter, Whats­App

Antie wens jou ma kon so considerate en bekommerd oor jul welstand gewees het soos jy oor hare is.

Ongelukkig is sy voël­verleë, maak nie saak hoeveel keer hierdie druggie-voël haar afbreek nie.

As ma en ouma is sy nie haar sout werd nie. Hierdie man tel meer as haar eie vlees en bloed. Sad, but true.

Jou ma is ’n groot vrou en hoe moeilik dit ook al mag wees om te sien hoe haar lewe agteruitgaan, moet sy gelos word om haar eie lewe te lei – met daai hordes mistakes en al.

Liefie, jy het probeer. Ten spyte daarvan dat sy julle so sleg treat, is jy die een wat steeds uitreik en omgee.

Wat meer kan jy doen as om haar net te wys dat jy steeds daar is as sy jou nodig sal hê?

Jou ma is so bang vir alleen wees, dat sy haarself so laat kasty.

Net sy kan besluit om ’n verandering te maak – een wat hopelik sal kom voor dit te laat is.

Laat sy vir nou weet ten spyte van alles waardeur sy jou gesit het, sal jy daar wees as sy die dag gehelp wil word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters