8 dae gelede
Alaska-slaapkamer dryf man na Drankensberge
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK SIEN die manne skryf so oor die kouekoors wat hulle in die slaapkamer ervaar.

Antie, ek was self daar. Daai Alaska-slaapkamers is die koudste wat jy kan kry.

Alles begin só belowend: Wifey is ’n tierwyfie in die bed en kan nie genoeg van jou kry nie. Jy moet behoorlik jou storie ken, want die tannie soek sommer twee, drie rondes op ’n slag.

Daar is dan dae dat jou klein­tongetjie amper wil uithang soos wat sy jou moeg maak, maar jy moet sterk wees.

Dan stap die jare aan. Kinders kom en dan kom die moegheid ...

Daai moegheid is straight van die duiwel af. Dis asof daar ’n wolk van gaap en nogmaals gaap op die huwelik neerdaal.

Dís die begin van ’n hongersnood soos min.

Waar julle feitlik elke aand binneboud gelê het, word hierdie oomblikke van lyflike plesier al hoe minder.

Jy begin ’n ske­dule agterkom van maybe een, twee keer per week.

Eventually raak dit een keer per week en wanneer jy jou oë uitvee, is jy lucky as jy een keer per maand iets by Vroulief kry.

Jy begin skimp – skimpe wat nie gevang word nie. As jy haar genuinely net ’n drukkie wil gee en nie oor jy al krom loop van hoe vol jou rug kan wees nie, voel jy hoe sy styftrek in jou omhelsing en losbeur.

Eventually, met tyd, strip jy jou moer en jy roer die saak aan. Jou ore tuit feitlik onmiddellik, maar dis nie ’n bom wat hier naby jou ontplof het nie; dis sy wat jou kop so van jou lyf af skree.

Jy hoor goed soos “ek is nie jou hoer nie” en “as jy dan so lus is, gaan kry vir jou in Voortrekkerweg”.

So asof jy doerie jare saam met die Voortrekkers oor die Drakensberge getravel het. Later probeer jy maar in die Drankensberge troos vind, maar dit is ook nie die oplossing nie.

Saans meet jy al met die oog hoe ver sy weg van jou af gaan slaap. Die spasie is so groot tussen julle, die Grand Canyon kan met gemak tussen julle fit.

En dan check jy f*k hierdie k*k; ek verdien beter.

En beter sal jy kry, want jy weet mos nou van beter vir next time.

My tweede huwelik is baie beter, want ek het my nuwe vroulief uit die staanspoor laat verstaan ek is nie daar vir gaap en moeg k*k nie. – Ken Van Daai, WhatsApp

Jou brief het soveel perspektief gegee van hoe ’n man die woestyn-oomblikke van die huwelik ervaar.

Antie kon nie anders as om plek-plek te lag nie.

Alle huwelike hoef natuurlik nie weens ’n stukkie-droogte in die skeihof op te eindig nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters