13 dae gelede
Agtermekaar seun verkies drugs bo meisies
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

EK HET ’n seun wat drugs gebruik, maar hy is nie daai mal soort nie.

Hy help met alles soos kos maak en huis skoonmaak.

Die probleem is hy wil nie vir hom ’n meisie kry nie. Hy sê hy sal vir hom iemand kry die dag as ek en sy pa ons oë toemaak.

Nou kyk hy na ons en na sy dogtertjie. Kan Antie nie iemand kry wat iemand soos hy soek nie? Besorgde Ma, WhatsApp

Vrou, dit vat dalk net langer by sommige, maar almal wat drugs gebruik, rafel eventually uit.

Hy klink na ’n agtermekaar man wat dalk ’n meisie op sy eie kan losslaan as hy die dwelms eenkant toe skuif.

Jou seun moet besef die liefde is die lekkerste en veiligste opsie vir ’n high.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters