Verlede maand
Afgetrede man se move tree blykbaar saam af
Antie Mona
Antie Mona  ~ 

Liewe Antie Mona

HULLE sê die proof van die pudding is in die eet, so nou het ek proof nodig dat my man jol, Antie.

Dis nou al maande dat ek agterkom hy is anders.

Kyk, hy het my al verneuk, maar dit was jare gelede en ek het gedink hy het sy dinge laat staan.

Maar deesdae is hy so bewus van sy figure en hy aftershave my amper dood.

Ons is albei in ons 50’s en die kinders is al uit die huis uit.

Ek het gedink wanneer dinge eendag rustig raak, sal ons weer meer tyd vir mekaar hê.

Maar dis glad nie die geval nie. Waar ek nog werk, het hy verlede jaar op early retirement gegaan.

Nou weet ek nie waarmee hy hom deur die dag besig hou terwyl ek by die werk is nie.

As ek by die huis kom, het hy nie ’n vinger gelig om aan die kant te maak nie, maar die man bly moeg.

Hy was altyd die een wat oor seks was, maar deesdae snork hy eerste. Ek kan nie eens meer onthou wanneer laas ons seks gehad het nie.

In die verlede was hy soos ’n beer met ’n seer tand as hy lanklaas seks gehad het.

Nou is hy alte rustig na my sin. Hy is ook baie vaag oor wat hy deur die dag doen en kan my skaars in die oë kyk.

Naweke lyk hy soos iemand wat in pyn is omdat ek ook dan by die huis is.

Ek het al stilletjies deur sy phone gegaan, maar ás hy skelm is, steek hy dit baie goed weg.

Ek kry altyd net ’n nommer van ene Norman op sy selfoon – glo iemand saam met wie hy gewerk het en wat hy nou nog sien vir ’n drankie.

Andersins is daar geen bewyse nie, maar ek kan net nie die gevoel afskud dat daar iets is wat ek miskyk nie.

Antie, ek glo nie ek is besig om my marbles te verloor nie. Iéts is aan die broei. Ek kan dit net nie uitfigure nie.

Hoe maak ’n mens in só ’n geval?

Het Antie nie dalk vir my lekker tips om ’n cheater uit te vang nie? – Suspicious, per e-pos

Antie raai mense altyd aan om nie sommer daai stemmetjie wat in jou oor fluister soos ’n stopstraat in Philippi te ignoreer nie.

Jou gut feeling sê vir jou iets is aan die kook en voordat dié iets op die stove verbrand, need jy om uit te vind wat presies dit is.

As dit nie so is nie, kan jy altyd later jou verbeelding bestraf omdat sy jou op ’n dwaalspoor gelei het.

Maar kom ons begin eers by hierdie goeie vriend “Norman”.

Wat is die kanse dat “Norman” eintlik “Norma” is?

Wat is die kanse dat jou man dalk gedink het hy is baie slim deur hierdie skelmpie se naam onder dié van ’n man s’n op sy foon te save?

Kyk, kom ons wees eerlik – jou man sal nie die eerste een wees wat sy luck só try nie.

Sonder bewyse sal jy hom nie kan konfronteer nie. So, soos Angela Lansbury destyds in Murder, She Wrote gedoen het, sal jy hierdie moontlikheid moet investigate.

Sit op ’n dag of twee leave by die werk in sonder om jou man daarvan te sê. Dan beloer jy jul huis en jou man van ’n distance af. Jy sal dan kan sien wie kom kuier as jy nie daar is nie, of vir wie gaan hy kuier.

Hopelik sal só ’n PI-uitstappie antwoorde op jou vrae gee.

Indien daar dadels hiervan kom, sal jy seker maar moet aanvaar jou man se enjin het die gees gegee en hy’t vrede daarmee gemaak.

Selfs ’n geharde seksmasjien moet eendag sy tokse ophang – of hy nou wil of nie.

As daar wel iets in die enjinkamer skort en daar maybe wel nog hoop vir ’n rev of twee is, sal dit goed wees om voor te stel dat hy ’n GP gaan sien.

Dikwels is daar mos maar onderliggende kwale wat die enjin kan laat stotter.

’n Huwelik is niks sonder vertroue nie. Daar kan egter ook nie van jou verwag word om net blindelings te trust as jy ’n voorgevoel het dat iets nie pluis is nie.

Antie hou duim vas dat jy binnekort jou antwoorde sal kry.

Jy weet natuurlik ook dit gaan nie net by die kry van dié antwoorde bly nie. As dit so is dat jou man die kat in die donker knyp, gaan dit natuurlik ’n nuwe can of worms oopmaak wat jy sal moet face.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters