3 maande gelede
Twee ou vriende dala ’n truuk om te probeer survive
 ~ 

HAAI, Sonlanders! Yster besluit sy voormalige vriend Bertus is net die regte ou om vir inligting te druk oor die mislukte aanslag op pres. Sydney Ramadonsa se lewe. Met die hulp van ’n spesiale taakmag slaan hulle toe op ’n huis wat aan Bertus behoort. Hy’t gedink niemand weet waar hy wegkruip nie. Yster verras Bertus en slaan die lewende hel uit hom. Dan sê Bertus aan Yster dat hy verbaas sal wees oor wie regtig agter die planne sit om van die land se president ontslae te raak. Lieg hy? Of is daar regtig ’n verrassende twist wat niemand sien kom het nie? Daar is nie veel tyd vir Yster om sy mind op te maak nie. Geniet nou die slothoofstuk van ELDRIDGE JASON se Yster.

‘DIT sal jou surprise wie regtig agter die planne sit om van Ramadonsa ontslae te raak,” sê Bertus en vee die bloed van sy mond af met die agterkant van sy hand.

“Jy vat lekker kanse,” sê Yster koud.

“Ons het mos klaar establish dat die voormalige president, daai dom Duma, agter alles sit.

“Maar die gereg gaan met hom deal, terwyl ek jou persoonlik gaan uitsort.”

Bertus bars uit van die lag en beur orent.

“Jy ken maar min jokes,” sê hy. “Dink jy regtig dat iemand met so min breinselle soos Duma aan só ’n plan kon dink?

“Wat as ek jou sê dat die arme Duma ook vir ’n pop gevat is?”

“Dan sal ek sê jy praat k*k,” antwoord Yster kortaf.

“Jy weet jou voëltjie het klaar gefluit. Jou storie is uit.

“Nou wil jy stories kom spin om jou eie gat te re–”

“Jislaik, Yster, gebruik jou bleddie verstand,” val Bertus hom in die rede.

“Ons het jare lank saam gewerk. Ek weet hoe jou kop werk.

“Ek weet hoe jy in ons Sanab-dae die high-flyers lekker laat les opsê het.

“Wil jy vir my sê jy het nog nooit gewonder hoekom alles so mooi in plek val nie?”

Yster frons.

“Hoe mean jy?”

“Ek mean om te sê dat jy maybe oud raak,” antwoord Bertus.

“Ek onthou dat jy altyd gesê het die obvious is in alle waarskynlikheid ’n liegstorie.

“Ek onthou hoe jy ons altyd gepush het vir meer info, meer feite, meer van ’n prentjie wat in ’n legkaart die waarheid sal wees.”

Yster krap sy kop en sug swaar.

“Ek weet nie wat jy try bereik nie,” sê hy dan.

“Maar wat ek wel weet, is dat jy besig is om die skoonste van k*k te praat.”

Bertus grinnik.

“As dit maar so was. Maar sê my, wat het geword van Carter, die hoof van die prez se beskermingsdienste?”

Yster trek sy skouers op.

“Ek weet nie. Maybe het hy hom bekeer nadat ek hom bewusteloos gedonner het?”

“En hy het so maklik sy bewussyn verloor?” vra Bertus.

“Amper so maklik soos in die movies?”

“Wat probeer jy sê?” vra Yster en frons.

“Jy is geplay,” antwoord Bertus.

“Nes ek. Ek val in my skuld.

“Al my trippies GrandWest toe het my in groot geldnood gelaat, ek admit.

“Maar ek is toe lelik afgepers om saam te speel.

“Hierdie is ’n election-jaar. Die regerende party is in die k*k.

“Niemand is meer lus vir hom en al sy korrupsie nie.

“Dis tyd, knap voor die verkiesing, om die sympathy card te speel.”

’n Lig waarvan Eskom net van kan droom, gaan by Yster op.

“Ramadonsa.

“Hy’t alles gefake?”

“Net so. En jy weet natuurlik wat volg next.

“Daai taakmag waarmee jy hier aangekom het … hulle gaan ons na k*k skiet.

“En dan is Ramadonsa die hero by die massas – die een wat survive het.

“En as hy kan survive, dan kan hierdie corrupt, vrot land mos ook survive.

“Dis ’n storie wat kredietgraderingsagentskappe soos Moody’s en Standard & Poor’s wraggies sal love.”

“So, wat maak ons nou?” vra Yster en vryf hard oor die plek op sy kop waar die hare al taamlik yl begin trek.

“Ons maak wat ons altyd maak,” antwoord Bertus.

“Ons maak asof ons hier binne is en dan slaan ons ’n get.

“My family is klaar safe.

“Ek het hulle al lankal gepos met iets meer betroubaars as die Poskantoor.”

“En dan?” vra Yster.

“Ramadonsa gaan mos wegkom met sy dinge.

“Ons kan hom mos nie net so los nie.”

“O, nee, hy gaan sy dag kry,” antwoord Bertus.

“Maar nie nou nie. Vir eers is die tyd ons vyand.”

“Ek het gevra vir vyftien minute,” sê Yster.

“Vyftien minute voordat die taakmag inkom.

“Ons vyftien minute is om – hulle gaan nou een of ander tyd hier instorm.”

Bertus lag.

“En hulle mag maar, want ons dala gou daai selfde truuk wat jy vroeër gedala het.”

“Jy mean die huis hier langs jou is op ’n way met joune verbind?” vra Yster verras.

Bertus skud sy kop.

“Nie in honderd jaar nie.

“Maar ek het ’n geheime tonnel hier uit.

“Hoekom dink jy het ek nie lankal verdwyn nie en gewag vir jou?”

“Laat wiel,” sê Yster en loer na sy horlosie.

“As my calculations reg is, het ons net ’n minuut of wat oor…”

SOWAT ’n week later sit Yster in sy nuwe gunsteling-kroeg en kyk die nuus.

Die nasionale verkiesing is kant en klaar.

Ramadonsa het weer gewen. Met ’n oorgrote meerderheid.

Sy selfoon lui langs hom. Onbekende nommer.

“Jy orrait?” vra Bertus toe hy die oproep beantwoord.

“Het ek dan ’n keuse?” vra Yster geïrriteerd.

“Ons almal het keuses, Yster,” sê Bertus. Daar is ’n tikkie ergernis in sy stem.

“Het jy dit dan nog nie ná al ons jare saam besef nie?”

Yster grinnik.

“Nie vir so lank as wat ek weet die enigste goeie politician is ’n dooie politician nie.”

Bertus lag.

“Maar dis mos hoe dit is en klaar, dan nie?”

Yster skud sy kop, wel wetend dat Bertus hom anyway nie kan sien nie.

“Eendag is eendag, Bertus.

“En eendag sal die publiek nie net so dom soos ou Duma wees nie.”

  • Die einde
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters