8 dae gelede
Tiekie moet alles vertel of Nigels sluit hom toe
Oom Sonnie  ~ 

HAAI, Sonlanders! Nigels en die Kaapse speurder Harry Muggels het ’n helse uitval op die toneel van die jongste slagoffer. Nigels glo nie Tiekie, wat op elke moordtoneel afgekom het en tans in die vangwa sit, is die skuldige soos wat Muggels te kenne wil gee nie. Harde woorde val tussen die twee cops, maar Nigels is seker van sy saak: Tiekie is nie hul gewetenlose killer nie. Geniet nou hoofstuk 5 van ELD­RIDGE JASON se “Die Gemaskerde Killer”.

TOE Harry Muggels kwaad van hulle af wegstorm, draai Nigels na Layla.

“Ag, laat hy en sy vrot Engels loop k*k,” sê hy en knipoog vir haar.

Layla lag. “Ek het gedink julle twee gaan mekaar gryp,” sê sy. “Ek is nie lus vir skeidsregter speel in hierdie tye van social distancing nie.”

“Ek? My hande vuil maak deur aan ’n idioot te vat? Nie hierdie lekke’ ekke nie,” antwoord Nigels kamma verontwaardig.

Hy groet met ’n kopknik van sy kollegas wat by die polisievên rondstaan en sonder om enigiets te sê, maak hy die vangwa se agterste deurtjie oop. Hy hoor ’n gebrom agter hom, maar besluit om hom nie daaraan te steur nie.

Agter in ’n hoekie sit Tiekie asvaal in die gesig.

“Jirre, Tiekie, jy wil ook nie jou k*k laat staan nie,” begin Nigels sommer uit te vaar teenoor die verskrikte jong man.

“Hier sit jy nou soos watse tikket en word verdink van moord. Besef jy in watse groot stront jy is?”

Tiekie beur orent, maar gil dan van die pyn en hou dan sy linkerknie met albei hande vas.

Nigels draai na Layla. “Kan jy sien? Knieprobleem.

“Nou hoe kan iemand soos daai drie groot meisies hierheen dra sonder dat iemand hom sien? Maak nie saak watter tyd van die nag dit was nie, dit sou ’n groot gesukkel afgegee het en aandag getrek het.”

“Tensy hy ’n kar het? Of hulp gehad het?” vra Layla.

Nigels skud sy kop. “Tiekie het nie veel vriende nie en voetekar is sy vervoer.”

Hy draai weer na Tiekie.

“Jy sal die waarheid moet praat. Wat het jy elke keer hier kom maak dat jy afgekom het op die lyke?”

Tiekie lyk meteens diep skuldig en strengel sy vingers ineen.

“Tiekie,” sê Nigels kwaai. “Maak nie saak of dit teen die law is of nie. Sekerlik kan dit nie erger as moord wees nie, of wil jy vir ’n ander man se killings gaan bad?”

“Ek kom haal die ruikers van die grafte af en gaan verkoop dit weer aan ’n bloemiste,” antwoord Tiekie kop in die grond.

Nigels skud sy kop. “Jarrie, om te steel van die dooies is nie mooi nie, maak nie saak hoe desperate jy vir ’n kroon is nie.”

“Ek is jammer,” prewel Tiekie. “Kan ek maar nou gaan?”

“Kom, kom,” beveel Nigels. “Ek hoop dis die laaste keer dat jy in die stront beland.”

Tiekie laat hom nie twee keer nooi nie en klim met groot moeite uit die vangwa.

Maar so mank soos wat hy is, wil hy sommer met ’n vaart wegstap.

“Whoa!” keer Nigels hom. “Stop die lorrie. Ek is nog nie klaar met jou nie.”

“Ek kom nou terug,” sê Layla en sonder om vir ’n antwoord te wag, stap sy weg na twee speurder-kollegas wat ’n ent weg van hulle staan.
Nigels kyk haar agterna.

“Nogals ’n lekker goose, nè?” sê-vra Tiekie. “Gebou om te hou.”

Nigels gluur hom aan. “Jy is klaar in die k*k en dan wil jy nou nog vir jou jags ook kom staan en hou? Wat de hel is verkeerd met jou?”

“Meat is meat,” begin Tiekie, maar Nigels gryp hom voor die bors. “Moenie laat ons mekaar hier lelik verkeerd verstaan nie,” sis Nigels.

“Om ruikers van dooies se grafte te kom steel, is laag.

“As die mense hiervan gaan uitvind?... jy gaan jou gesig nie meer buite kan wys nie.

“Vertel my van die ou met die masker wat jy hier in die begraafplaas gesien het.”

“Jy wurre my,” sê Tiekie benoud.

Nigels laat sy greep so vinnig verslap dat Tiekie sy balans verloor en plat op sy sitvlak op die gruis val.

’n Paar cops loer nuuskierig in hul rigting, maar niemand maak ’n move om tussenbeide te tree nie.

“Hierdie is police brutality,” sê Tiekie en staan moeisaam op. Ek gaan vir my ’n lawyer kry.”

“Jy kan nie ‘police brutality’ of ‘lawyer’ spel om jou lewe te red nie,” kap Nigels terug.

“Vertel my alles wat jy gesien het of ek sluit jou gat toe vir grafskending en dwarsboming van die gereg.”

Tiekie gluur Nigels aan en blaas sy asem dan hard uit.

“Dit was seker so two o’clock vannag, net narat my laaste wake-up uitgesweet is. Ek het hierheen gekom, want net bietjiedag was hier mos sommer twee funerals.

“Ek het ’n lyn met iemand wat die blomme by my koop en dan weer verkoop, so, ek wou kom kyk of die blomme nog orrait was vir ’n odd.”

“En toe? En toe?” por Nigel hom aan. “Moenie vir my ’n f*kk*n omnibus kom staan en vertel nie. Kom tot by die punt.”

“Jy kan darem ook maar ’n man k*k skaal,” sê Tiekie seergemaak. “Maar anyway, dis mos vrek stil hier?... agge, doodstil?... agge?... jy weet mos wat bedoel ek.

“Toe ek hier aankom en op pad hierheen deurgeloop kom, het ek al die feeling gekry dat iets nie reg is nie, but toe vat ek steeds die blomme.

“Toe ek wou loop, hoor ek iets soos iemand wat teen ’n vaas of ’n ding stamp en toe ek omswaai, sien ek die jong weghardloop.

“Jô, hy was vinnig. Amper so vinnig soos wat jy destyds op skool was.

“Voor jy gebou was soos die bompie wat jy nou is. Wat het dan vir jou so vet gemaak?”

Nigels onderdruk met moeite ’n smile. “Kom k*k praat nie, jy.

“Ken jy die meisie wat hier lê?”

Tiekie knik. Hy kry ’n hartseer trek op sy gesig. “Die ander girls was nie van hier nie. Uit die Baai uit en het gewerk vir daai jagse Portugees wat nou ’n strip club in die dorp oopgemaak het.

“Maar dis nie net ek wat daai meisie ken wat daar onder die tinfoil lê nie. Is mos tinfoil, nè?”

Nigels ignoreer Tiekie se vraag met opset. Hy voel hoe sy maag ’n draai gee.

“Jy sê ek ken die meisie wat daar toegegooi lê?”

Tiekie knik. “Maar dis nie my plek om vir jou te sê nie. Jy dink anyway mos maar altyd ’n man praat k*k.

“Dit sal beter wees as jy self gaan kyk.”

Nigels los Tiekie net daar en stap in die rigting van die bedekte lyk. Wie kan dit wees? wonder hy angstig?...

 Lees Maandag verder

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters