2 maande gelede
Sarel kry ’n blink idee om sy paop sy plek te sit
 ~ 

MENSE wat dink hulle is slim, kan maklik uitgevang word. Maar in sy grysheid ken Karel nog nie daai les nie. Oor die jare het hy nog altyd geglo hy sal koning kraai en sy vrou links en regs en om elke hoek en draai verneuk en daar sal dadels van kom. Min weet hy dat daar agter die skerms planne is wat hom hier op sy oudag gaan kom inhaal en onderstebo ry. Maar gaan Karel se kinders se plan om hulle pa aan die kaak te stel wel werk? Lees vandag verder aan CHRISTA PRINSLOO se verhaal wat sy “Dagboek van ’n Serial Dater” noem.

IN SY stilligheid beplan ou Karel ’n vakansie.

’n Lekker geleentheid om weg te breek.

Die soort wat hy nooit aan sy gesin gegee het terwyl die kids nog op skool was nie.

Hulle was maar altyd die Jan Tuisbly se karretjie-ryers.

Noem dit maar op die naam, want dis wat in die ou man se mind aangaan.

’n Gesteelde seksfees van so drie dae lank.

Karel het alles al fyn beplan.

Hy gaan vir sy vrou lieg dat dit ’n familie-reünie in Griekwastad is.

Hy gaan verder lieg dat sy niggie Letta – die enigste ene in sy familie met wie sy Nella oor die jare ooit ’n fight gehad het – die reünie organise.

Dít, weet Karel goed, sal sy ou vrou weghou van so ’n reünie.

Bly sy weg, kan hy mos dan voortgaan met sy beplande seksfees.

Hy het al gegoogle en sien juis sulke oulike wegbreekplekke sommer hier naby in Hermanus waarheen hy ’n jong bokkie wil neem.

Asian Beauty is tans die bokkie van sy keuse.

Veral nou nadat hy van haar foto’s en video’s gekoop en gesien het.

Al wat kan verkeerd loop, is ’n hartstilstand wat hom laat sterf.

Dit sal darem vir jou ’n gedoente wees as die lykbesorgers sy oorskot moet kom verwyder in Hermanus en nie in Griekwastad nie.

Maar ou Karel redeneer sonder gewete dat hy immers nie dan meer op hierdie aarde is om antwoorde te probeer uitdink nie.

Sy kommunikasie is anyway so bitter min met sy vrou en sy kinders dat dit nie juis so erg saak maak nie.

Asian Beauty, a.k.a. Ellestine Matroos, se oë rek toe sy die Whats­App-boodskappe lees wat deurkom van ou Karel af.

“Hi.”

“Do you have plans for this coming weekend?”

Ellestine kyk hoe die foto’s deurkom.

Die een lyk mooier en aanlok­liker as die ander.

Was dit nou nie vir die sender nie, sou Ellestine hook, line, and sinker geval het vir so ’n wegbreek-vakansie.

Sy merk op dat dit beslis ’n vyfster A?i?r?b?n?b? is wat ou Karel beplan vir hulle om in te gaan bly.

“Just say yes, my darling, and I book our accommodation.”

Ellestine weet nie dadelik wat om te antwoord nie.

Dan reply sy: “Let me check my diary and I will let you know before tonight.”

Die smileys en rooi kloppende hartjies spam dan haar selfoon in so ’n mate dat sy amper naar word.

Sy vat die foon en bel.

“Hallo, Sarel? Ellestine hier …”

Hulle spreek af waar om mekaar te ontmoet, omdat Sarel sy suster ook wil laat saamkom.

Intussen kom Nella agter dat ou Karel vandag selfs meer as tevore in sy eie wêreld is.

Dis nou al die derde koppie tee wat sy vir hom na die kamer aangedra het.

Ou Karel sit steeds in sy half-stukkende vest en pajamabroek voor die rekenaar.

Dis nie ’n prentjie wat ’n mens wil onthou nie.

Hy sit daar met die leesbrilletjie halfpad op sy neusbrug.

Die grys hare staan kroeserig in alle rigtings in die lug.

“Nou gaan jy vandag dan nooit shower en skeer nie, ou man?

“­ ’n Mens kan mos nie so jou dae agter ’n rekenaar omsit nie …” begin Nella.

“Ag, voertsek, ou vrou!” sak Karel bitter ongeduldig af.

Dis woorde wat vir Nella soos skerp dolke diep in die hart tref.

Karel was met sy woorde oor die jare al baie afknouerig. Maar om haar soos ’n straatbrak te verwilder, het sy nog min gehoor.

Dan verkies sy eerder die maande lange ignore wat hy ook al oor die jare aan haar gegee het.

Intussen is die afspraak tussen Ellestine, Sarel en Anel gemaak om mekaar oor lunch-tyd by die V&A Waterfront te kry.

Sarel het verkies dat hy net ’n bietjie vars lug kan kry saam met die mooi uitsig.

Die dinge van sy pa ontstel hom diep.

Hy kan eintlik nie glo dat dit hom so ernstig raak nie.

Juis oor hy en sy pa nie regtig ’n verhouding gehad het nie.

Maar Sarel besef dit gaan oor sy ma.

Sy is ook nie meer vandag se kind nie.

Al wat hy wil hê, is dat sy ma ten minste op haar oudag ’n rustige bestaan voer.

Hy sien haar in ’n posisie dat sy statig moet wees.

Maar dis onmoontlik met so ’n hoer van ’n ou man aan haar sy.

Hy sien Ellestine aangestap kom.

Wragtig.

Die meisiekind kon sy pa se laatlammetjie gewees het.

Diep binne hom grief dit hom dat hy en sy suster op so ’n slinkse manier hulle pa se doen en late aan die kaak moet stel.

Ellestine smile toe sy Karel by die tafel sien sit.

Sy waai en kom vrolik nader geloop.

Sy plak dadelik haar selfoon op die tafeltjie en voor sy nog behoorlik “hallo” sê, sê sy aan hom: “Lees net hierso. Maggies! Ek kon nie my oë glo nie.”

Sarel se mond trek in ’n stroewe lyn toe hy kyk na die foto’s van die gastehuis waar sy pa vir Elle­stine – of soos hy haar in sy mind ken, Asian Beauty – wil treat.

Dan kom daar ’n slinkse plan in sy gedagtes.

Hy smile.

Intussen het sy sussie Anel ook by hulle aangesluit.

Sy kyk stip na haar broer en sê dan aan Ellestine: “Weet jy, as my broer eers so ’n smile op sy gesig kry, is daar besig om ’n baie, baie slim plan uit te broei.”

Sarel kyk op na hulle twee en sê: “Beslis, liewe sus!”

“Hierdie is ’n meesterplan.

“Ons gaan nie dat Pa die gastehuis boek nie. Dis geldmors.

“Geld wat na Ma se kant toe kon gekom het.”

“Maar hoe?” vra Anel.

Sarel kyk na Ellestine en sê: “Check gou of my pa online is.”

Ellestine kyk en antwoord: “Ja, hy is. Maar hy is feitlik altyd online ...”

Sarel begin en die smile is weer op sy gesig: “ ‘Rait, nou moet jy presies die woorde aan hom stuur soos ek dit vir jou gaan gee.”

“Okay, ek’s gereed ...”

  • Lees môre verder
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters