Verlede maand
Rou en naakte gille vul gange van ’n koshuis
 ~ 

HAAI, Sonlanders! Vandag se kortverhaal is die pennevrug van KEITH MEYER. Hy noem dié een Zip die Dood. Lekker lees!

DIE Eenheidskollege in Johannesburg is bekend vir sy gehalte-onderrig aan uitgesoekte studente.

Mans en vroue deel die koshuis, wat op dieselfde perseel as die kollege is.

Die kampus is rustig en die kamers van die hostel is netjies. Dis almal eenpersoonkamers.

Daar is gesamentlike badkamers op elke vloer van die drieverdiepinghostel.

Die drie verskillende koshuise – Freedom Square, Mandela House­ en Die Skip – is gemengde hostels.

Veiligheid is ’n priority. Security guards is by die enkele ingang na die kampus en elke koshuis het sy eie security guard.

Twee security guards patrol die hele yard, wat nogal groot is.

Mr. Edson, die campus chief, is ’n baie streng man met high morals­. Hy duld nie vroue in mans se kamers nie en andersom.

Visitors moet 22:00 soos ’n ruler van die yard af line.

Tog, een oggend bars alle hel in Die Skip los.

Rou en naakte gille vul die gange van Die Skip.

Die lyk van ene Annine word in die badkamer op die derde vloer aangetref.

Op die oog af lyk dit asof sy haar eie lewe geneem het.

Sy hang aan haar jeans in die shower en haar lyk is reeds yskoud.

Edson is stomgeslaan.

Dadelik laat hy campus security kom. En ook die ambulans en polisie.

Die studente vergader buite op die grasperk. Elkeen het sy eie idee van wat gebeur het.

Die girlies skreeu toe die paramedics met Annine se body bag verbykom.

Edson kalmeer die studente met promises dat hy die security gaan verskerp.

Die next dag meet hy die sekuriteitshoof. Nou word alle gate toegestop.

In ’n geregtelike doodsondersoek word daar vasgestel Annine is ook gerape. So, selfdood word uitge­rule.

Nou raak die studente ekstra security-bewus.

Edson spreek al die inwoners van die hostels toe.

Hy vra almal moet meer op hulle hoede wees, want according to ’n voorlopige ondersoek dui alles daarop dit was ’n inside job.

EEN nag, ’n maand later, gaan die alarm van Freedom Square af.

So skerp is die sound dat ál drie huise se studente dadelik wakker is.

Eers word daar gedink dis ’n vals alarm.

Dadelik spring die securities into action op die perseel. Almal wonder wat aangaan.

Edson paai die studente, wat tot aksie wil oorgaan.

Dan, twee uur later, kom spreek die head of security vir Edson: “Daar is nog ’n girly aan haar jeans in die shower aangetref.

“Die verdagte moes toe self die alarm geactivate het om die aandag van hom of haar af te lei. En dié keer is dit duidelik sy is gerape, want haar panty is in haar mond gedruk. Seker om haar stil te kry.”

Weer kom die paramedics met ’n body bag by die hostel uit.

Hierdie keer sweer die studente hulle gaan hulle eie security op die kampus op die been bring.

Edson paai en maan die studente om nie bundu courts op die kampus te vorm nie.

“Wat as julle ’n onskuldige persoon aankeer?

“As julle so opgecharge soos nou is, kan julle maklik die eerste persoon aankeer op wie julle ’n suspicion het,” sê hy.

“Laat die werk liewer aan die professionals oor,” soebat Edson.

Die owerhede eis nou Edson se kop omdat hy nie die studente se veiligheid kan guarantee nie.

Die studente gaan besoek die badkamers nou in groepe.

Hulle slaap nou twee-twee in die eenpersoonkamers.

Hulle wil seker maak niemand word weer gerape nie.

Manlike studente doen saans patrolliewerk en guard die gange en vensters.

Hulle trust nie die campus security nie, al het die getal securities gedouble.

NOG ’n maand sonder enige voorvalle gaan verby.

Die studente is nou meer at ease en worry nie meer oor hulle veiligheid nie. Die mans staan nou net elke tweede aand guard.

Aarika, ’n student in Mandela House, is ’n IT boffin.

Sy slaap alleen, maar maak haar slimfoun ’n security camera wat ook as ’n alarm aan die foun van haar berk, Jody, geconnect is.

Een nag terwyl Aarika diep slaap, maak ’n sleutel haar kamer se deur oop.

Salig onbewus van die security camera-foun druk iemand ’n kussing oor haar kop. En try om haar bewusteloos te choke.

Die struggle tussen haar en die aanvaller activate die alarm op Jody se foun.

Jody laat die securities weet en sak op Aarika se kamer toe.

Maar toe hulle daar kom, is die aanvaller reeds missing.

Almal try nou by Aarika uitvind of sy die attacker sal kan identify. Aarika is onseker.

Die studente bestorm Edson se woonstel, wat op die kampus is.

Hy is nie daar nie. Nou bars wit bliksem los.

Almal wonder dan nou waar Edson is.

Die slimmetjies connect sommer dadelik die dots en kom tot die conclusion die aanvaller moet Edson wees, aangesien al die attacks inside jobs is.

Maar enkele ure ná die voorval kom Edson se motor daar aangery.

Sy vrou bestuur sy 4x4 en hy sit langs haar.

Die twee wonder waarom die studente so up in arms is.

Eers toe sy explain hulle kom van die ongevalle-eenheid omdat Edson ’n suikeraanval gekry het, laat die studente hulle vlag sak.

Nou is dit terug na die begin toe.

Jody gaan terug na Aarika se kamer. Dan gewaar hy ’n zip se toutjie waarop die handelsnaam van ’n bekende thermal baadjie staan.

Hy hou dit in sy sak wetende dat iemand binnekort ’n baadjie gaan dra sonder die zip-toutjie met dié naam op.

Jody hou sy skraal lyfie nou detective. Sy ogies bly op die uitkyk vir ouens op die kampus met daai jackets en ’n missing name brand-zip-toutjie.

Dan, een aand in die eetsaal, stap hy weer van tafel tot tafel terwyl hy in die geheim soek na die jacket met die missing naam.

Toe sien hy dit ...

Daar agter by die laaste tafel sit ’n skraal ou wat almal as gay beskou.

Hy het ’n blou thermal jacket aan.

Jody roep security. “Arresteer daai vark!” skree hy.

“Kyk, hier is sy jacket se zip-toutjie wat daai aand in Aarika se kamer gekry is!”

  • Die einde

Wat dink jy van hierdie storie? Enige voorstelle? SMS na 32369

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters