2 maande gelede
Nie die hunk óf ryk girl se gesin like wat broei nie
 ~ 

HAAI, Sonlanders! Vandag plaas ons weer ’n kortverhaal uit die pen van die gesoute skrywer KEITH MEYER. Hy noem hierdie kort­verhaal Kind van die Sondagskool. Lekker lees!

CALVIN Johannes is die Sondagskool-onnie van die plaaslike gemeente.

Hy is jonk, ywerig, intelligent en baie sexy.

Calvin het ’n ogie op die pragtige Charmaine Daniels, die plaaslike maatskaplike werker.

Die kerk gee Calvin ’n opdrag om ’n veldtog te organise vir die 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders.

Hy besluit om maatskaplike dienste te betrek ... Twee vlieë met een klap!

Calvin gaan na Charmaine se office toe om die sakie aan te roer.

“Middag, Charmaine. Ek wil net hoor of jy my sal help met hierdie 16 days-storie?” val hy sommer met die deur in die huis.

“Jy het mos seker al baie met abuse en gesinsgeweld te doen gehad?

“Ek is mos maar net die Sondag­skoolonderwyser. Hoe lykit?

“Kan ’n man nie ’n play of iets opvoer nie? Enige ander idees?”

Charmaine is half rooi in haar gesig van bloos, because Calvin is regte eye candy.

Die gewoonlik spraaksame Charmaine struikel half oor haar woorde.

“Enige tyd,” sê sy. “Ek sal my mind ’n bietjie laat gaan. Kan ons vanaand by die Royal Cafe gaan koffie drink? Dan gesels ons beter.”

Calvin kan nie glo dinge verloop so nice nie.

Want daardie aand, so tussen die planning vir die event deur, kook die chemistry tussen die tweetjies. Dit eindig met ’n witwarm vryery in haar swart BMW.

Die next paar dae gossip die mense van hulle township dat die spoeg spat.

Want hoe op aarde het die twee dan so gou gekliek?

Love at first sight, of is dit ’n matter van iemand wil impress met die feit dat die rykste girly oppie dorp syne is? Of is dit ’n matter van love is blind vir die rykste girly op die dorp?

Sondae help Charmaine Calvin nou ook met die Sondagskool. Tot haar ouers se groot unhappiness.

Vreemd genoeg hou Calvin se ouers ook nie van die idee nie.

“Calvin gaan seerkry. Daai vrou is ’n sosiale vlinder. Sy gaan hom uitspoeg wanneer sy op is van hom,” laat Calvin se pa, oom Jan Slagpale, van hom hoor.

Dis nie lank nie of die paartjie besluit om op hulle eie te gaan woon.

Hulle trou voor die magistraat met ’n ring wat by die plaaslike Foschini gekoop is. Calvin se broer, Peter, is sy best man.

Calvin en Charmaine kry toe vir hulle ’n flat in die meer gegoede deel van die dorp.

Ses maande later begin Char­maine se magie stoot, want Calvin het nie snags gras onder sy voete laat groei nie. Hy het die sexy juices behoorlik laat spat.

Nou is Charmaine se ouers meer bekommerd as ooit.

“Ons wou so graag ’n kleinkind gehad het, maar nie onder dié circum­stances nie.

“Omlat dit nie anders kan nie, sal ons dit so aanvaar. Daai klein laitie moet in ons huis grootword,” sê Charmaine se ma.

Toe klein Ralph et­like maande later gebore word, vra Calvin sy broer, Peter, ook om die peetpa te wees.

Kort daarna begin die grootouers stry oor waar die kind gaan bly terwyl sy ma en pa werk.

Charmaine voel die kind moet by haar ouers bly; Calvin voel weer die kind moet by sy ouers wees.

Maar oom Jan Slagpale skop vas. “Oor my dooie liggaam. Daai bleddie mense het net my kind se sperm gebruik om vir hulle ’n kleinkind te gee.

“Hulle wil dan al klaar baasspeel. Dis mos nie ’n f*k reg nie. Calvin en Charmaine moet ’n babysitter kry wat kan char.”

Die Danielse is die moer in vir die slagpaleman.

“Wat weet hy van kinders af? Dis dan hy wat sy vrou so gereeld slaan.

“En wanneer dit tyd is vir die jaarlikse 16 dae van aktivisme, gaan dit 16 keer erger. Hy moet sy neus bepaal by sy stink slagpale,” laat die Danielse hoor.

Die spanning tussen die gesinne loop ál hoër.

Ná Charmaine se maternity leave verras sy oom Jan Slagpale.

“Kan Ralph nie hier by julle bly nie? So een week hier, en dan die ander week by my ouers?” soebat-vra die nuwe mamma.

Jan Slagpale is uit die veld geslaan.

Hoe op aarde het hy hierdie pragtige mamma so verkeerd opgesom? Hoe gaan hy hiervoor vergoed? Deur natuurlik in te stem tot die reëling.

Maar dis tot groot ontsteltenis van die Danielse.

Hulle weier botweg dat hulle kleinkind aan die verkeerde kant van die spoorlyn grootword.

EEN Maandagoggend wemel die dorp van die blou ligte van die polisie. Twee dubbele moorde.

Die egpaar Daniels is vermoor op dieselfde aand dat die egpaar Johannes wreedaardig om die lewe gebring is.

Die dorp is lamgeslaan.

Niemand weet wie en waarom iemand albei gesinne sou wou uitwis nie.

Calvin en Charmaine is plat­geslaan.

Die gemeenskap ondersteun die egpaar en klein Ralph.

Twee weke later word die twee gesinne op een Saterdag in twee dubbele grafte begrawe.

Steeds worstel die streek se beste speurders met die vraag wie die moorde gepleeg het en wat die motief kon wees.

As dit dalk net die een gesin was, was die moordenaar of moordenaars seker lankal vasgetrek.

Baasspeurder Connor September word nader gehark, maar selfs September weet nie watter kant toe nie.

Dae lank ondervra hy omtrent die hele dorp.

Al leidraad wat dalk na iets kan lei, is die feit dat almal geweet het van die dwarstrekkery van die oumas en oupas.

Maar dit baat September steeds nie veel nie.

Intussen bied Charmaine en Calvin elkeen afsonderlik ’n losprys aan vir die inhegtenisneming van die moordenaars van hulle ouers.

Die R30 000 laat die oë rek, en verskeie leidrade word ingegooi. Maar ná maande se gesoek loop ook dít op niks uit nie.

Eendag laat weet September se hoof, brig. Willemse, hy wil binne die volgende week ’n verdagte aangekeer hê.

Die Sondag kry September ’n oproep waarin hy meegedeel word iemand in die dorp het selfmoord gepleeg.

’n Nota by die persoon lui: “Ek kon dit nie vat dat klein Ralph ’n speelbal tussen die oumas en oupas word nie. Toe haal ek hulle uit. Ek het ook nie meer lank gehad om te leef nie omdat ek brein­kanker het.

“Jammer oor alles. Kyk mooi na Ralph. Ek is bitter jammer, ou broer. Groete, Peter Johannes.”

¦ Die einde

Wat dink jy van hierdie storie? Enige voorstelle? SMS na 32369

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters