Verlede maand
Mthembu maak dit duidelik hy like Jules se plan nie
 ~ 

HAAI Sonlanders! Jules Jacobs is ’n siniese Godsman wat die pad byster geraak het. Hy word deur ’n ou polisievriend, Justice Moloi, genader om die cops ’n gevaarlike sekteleier, Alexander de Grootte, te help vastrek. Die einste De Grootte wat Jules se dogter in die hospitaal se ICU laat beland het. Geniet nou hoofstuk 2 van ELDRIDGE JASON se “Glo”.

BRIGADIER Mthembu maak ’n imposante figuur uit waar hy by sy kantoorvenster uitloer.

Moloi het al lankal aan sy oop kantoordeur geklop, maar Mthembu het nog nie ’n move gemaak om om te draai nie.

Hy laat Moloi en Jules doelbewus soos twee kiepies op hom wag. Moloi maak weer sy keel skoon, maar daar is geen reaksie van sy bevelvoerder nie. Dis asof hy en Lot se vrou ’n soutpilaar challenge aangegaan het.

Jules strip sy moer en stap die kantoor binne. ’n Mens kan mos net so lank teen al die blessies op Mthembu se agterkop vaskyk! As hy langer daarna gaan staar, gaan hy daarvan oortuig wees dat Mthembu close familie van Bles Bridge is.

Jules trek ongenooid ’n stoel uit en gaan sit. Moloi gluur hom afkeurend aan, maar Jules is min gespin. Na wat soos ’n ewigheid voel, draai Mthembu om.

“Ek kan nie onthou dat ek gesê het jy kan inkom nie,” blaf hy koud.

Jules trek sy skouers op. “In Johannes sê die Bybel jy moet klop en die deur sal vir jou oopgemaak word. Ons het geklop en geklop en geklop, en toe kom ons maar binne, want die deur het anyway mos maar oop gestaan.”

Mthembu snork hard deur sy neus. “Jy is nie nou besig om kerk te hou nie, Jules Jacobs.”

“Maar tog het jy my hulp nodig om ’n kerk te infiltreer,” kap Jules terug. Die twee mans gluur mekaar aan.

Moloi maak weer sy keel skoon. Mthembu draai geïrriteerd na hom. “Ek het Jule ... Mister Jacobs ... klaar gebrief oor wat ons van hom verlang, Brigadier.”

“So, moet ek nou ’n paartie gooi omdat jy jou werk gedoen het?” kap Mthembu terug.

“Jy weet bitter goed dat ek nie eintlik lus vir hierdie plan het nie, maar hoofkantoor het mos oor my kop gegaan.”

Jules draai nuuskierig na Moloi, wat sy blik ignoreer. Hy wat Jules is, was dan onder die indruk dat Mthembu hom wil sien. Moloi het mos dan gelieg!

Dis dan duidelik dat Mthembu nie impressed is met die idee om saam met hom te werk nie.

Dis nou al jare dat Mthembu so snaaks met hom is. Al van die dae toe hy nie Mthembu se dogter uit sy kerk wou trou nie.

Mthembu gaan sit en gooi ’n lêer na Jules toe.

“Dè,” spoeg hy die woorde uit. “Gaan deur hierdie docket en verbeel jou jy is Sherlock Holmes.

“Hierin is al die intel oor Alexander de Grootte en sy kerk.

“Al julle kerkmense is dieselfde en ek vermoed jy en De Grootte gaan lekker oor die weg kom. Soort soek mos soort.”

Jules besluit om Mthembu se uitlating te ignoreer. Hy gaan maar sy oorle pa se raad volg: “Never argue with an idiot. They wil drag you down to their level and beat you with expe­rience.”

Sy pa was oor baie dinge in sy lewe verkeerd. Maar baie beslis nie met hierdie raad nie.

Veral nie as dit by mense soos Mthembu kom nie. Jules blaai stadig deur die docket. Dit bevat hordes foto’s en info van Alexander de Grootte se lewe.

Daar is familie pics, eerste-dag-skool-toe pics, ’n foto van die dag toe hy in sy kerk bevestig is, screen grabs van Facebook status updates waar De Grootte gal braak oor die establishments van die lewe ...

“Ek sien julle het jul huiswerk goed gedoen,” sê Jules en draai na Moloi. Hy gaan so lank as moontlik maak asof Mthembu nie bestaan nie.

“Waarvoor het julle my nodig as julle klaar al hierdie info het?”

Moloi loer eers vraend en vir goedkeuring in sy bevelvoerder se rigting. Dié knik net bot.

“Al hierdie inligting gee net vir ons ’n agtergrond van die mens met wie ons te doen het,” verduidelik Moloi.

“Maar ons sit met niks konkreets om hom te nail nie.”

“Amper soos wat ons weet die Guptas het die land opgef*k, maar niemand kan hulle arresteer nie?” vra Jules­.

Moloi skuif ongemaklik op sy stoel rond.

Hoekom moet Jules­ hom so in ’n hoek druk? wonder hy vies.

Die hele wêreld weet mos dat Mthembu ook al ’n draai in Saxonwold gaan maak het om kerrie te eet. Moes Jules dit nou genoem het?

“Vir ’n kerkman vloek jy darem baie,” sê Mthembu afgemete.

“En wat probeer jy insinueer met die Guptas? Ek is onskuldig. Die Zondo-kommi-”

“Het nog vir niemand kommissie uitbetaal nie, ek weet,” val Jules hom in die rede.

“Kom ons agree to disagree. Wat is dit wat julle van my verwag?”

Mthembu blaas sy asem hard uit. Moloi kan sien dat sy baas hom met moeite beteuel.

“Het Moloi jou dan nie gesê ons wil hê jy moet by De Grootte se kerk aansluit nie?”

“Ja, maar dis soos die lugwaardin op ’n aerie wat jou vra of jy chicken of beef gaan vat,” antwoord Jules, min gespin oor Mthembu se duidelike irritasie.

“Ek kan mos nie net daar by De Grootte se kerk inloop en sê dat ek besluit het om my hart vir sy duiwel te gee nie.”

Moloi onderdruk met moeite ’n smile.

“Een van my kontakte is ’n crime reporter,” sê Moloi.

“Ons gaan jou beeld so uitmekaar skeur dat De Grootte gaan voelers uitsteek na jou toe.”

“En hoe beoog julle nogal om dit te doen?” vra Jules skepties.

Hierdie keer is dit Mthembu wat met ’n breë smile glimlag.

“As we speak, is ons manne besig om ’n groot besending tik in jou huis te plant.

“Dít en alle materiaal waarin jy jou met godslasterlike dinge besig hou.

“Die Valke gaan later ook ’n verklaring uitstuur oor hoe hulle jou nes van duiwelsdinge oopgevlek het en klagte teen jou ondersoek wat wissel van geldwassery tot selfs moord.”

Jules trek sy asem skerp in.

“Ek het gedink ek moet net gaan sense praat in De Grootte se kop.

“Julle kan mos nie dit aan my doen nie! Dit gaan my destroy!”

Daar is geen simpatie in Mthembu se oë nie.

“Wel, hierdie is die package – take it our leave it.

“Ons hou nie ’n gun teen jou kop nie, maar ek weet nie of Moloi jou gesê het nie – De Grootte beplan om jou dogter uit die hospitaal te ontvoer.

“Ons kan haar veiligheid ver­seker, as jy ons help.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters