12 dae gelede
L. Otto besef hy sal Onvriendelik nie kan stuit nie
 ~ 

HAAI, Sonlanders! Ai, L. Otto kry ook nie rus vir sy siel nie. Die ou dink hy kan lekker wegkruip in die flat van sy eksmeisie Tammy. Maar die korrupte cops Onvriendelik en Koekemoer is op sy spoor nadat hulle Tammy van haar werkplek af agtervolg het. Tammy dring aan op antwoorde van L. Otto toe die cops buite haar flat werskaf om in te kom. En L. Otto moet met die hele sak patats vorendag kom: Hy ken die ware dikding van ’n georganiseerde misdaadsindikaat – en dit is nie, soos wat almal dink, die ou bekend as Die Grootbaas nie. Dit wil ook blyk dat Onvriendelik hiervan weet. So, wie try dan nou wie vir fool? Geniet nou hoofstuk 7 van ELDRIDGE JASON­ se Meneer L. Otto.

DIT is met ’n groot gekreun en gesteun dat L. Otto hom uiteindelik uit die wasgoedmandjie gewriemel kry.

So, sers. Onvriendelik is toe glad nie so stupid soos wat hy gedink het nie.

Onvriendelik weet Donnie Louw is nie Die Grootbaas nie. Maar hoe weet Onvriendelik?

Hy blaas sy asem heel mismoedig uit. Daar is nie nou tyd vir wonder nie.

Hy weet waarheen Onvriendelik en Koekemoer op pad is. En hy moet hulle in hulle spore stuit.DONNIE Louw sit behaaglik agteroor in sy stoel en staar by die venster uit.

Sy grasperke is perfek groen, sy bome mooi getrim. Vanuit hierdie mansion in Plattekloof het hy ’n onbeperkte view op Tafelberg.

I’m living the life, dink Donnie, en vat nog ’n sluk van sy peperduur whisky.

Om te dink hy was jare gelede mal genoeg om ’n onderwyser te wou wees wat kinders in Bonteheuwel wiskunde leer.

Elke dag was ’n stryd. As leerders nie klas gebunk het nie, dan het een of ander gang fight by die skool uitgebreek.

Hy wat Donnie is, kon nog nooit verstaan hoe laities naweke ’n wrong met mekaar optel en dan Maandae by die skool met mekaar daaroor wil kom baklei nie.

Hoekom dit dan nie uitsorteer terwyl hulle by die huis is nie?

Hoekom dan die skool en die dag ontwrig van ander kinders wat wel wil leer?

Hy skud sy kop. Hy is bly hy hoef nie meer in daai stront environment te werk nie.

Die beste ding wat ooit met hom kon gebeur het, was die dag toe hy Die Grootbaas ontmoet het.

Sy liggaam skud soos hy saggies lag.

Hy vat almal darem lekker vir ’n fool deur hulle te laat glo hý is Die Grootbaas.

Hy speel sy rol kwaai. Hy wou nog altyd ’n actor gewees het, maar toe hou sy ouers mos dik hy moet onderwys gaan swot.

Maar dit is die einste onderwys wat sy paaie met dié van Die Grootbaas laat kruis het.

En nou lewe hy lekker hier in luxury terwyl misdaadvoos en moeë, oorwerkte onnies bid die September-vakansie moet gou aanbreek.

Donnie wip van die skrik toe sy selfoon langs hom vibreer.

Hy herken die nommer dadelik.

Die Grootbaas. Die régte Grootbaas.

“Sit en suip seker weer,” sê Die Grootbaas sonder om te groet.

Sy stem is heserig. Altyd heserig. Soos iemand wat kleintyd baie sy oupa en ouma se pakkie Lexington leeg gerook het, dink Donnie. Hy sit dadelik regop.

“Wat is nuus?”

Donnie begin al stamelend vertel hoe ver hulle is met hulle soektog na L. Otto.

“So, daar is eintlik f*kk*l nuus nie,” sê Die Grootbaas heel uitasem toe Donnie klaar is met sy update.

“Jy het niks in jou jare in die onderwys geleer nie,” sê Die Grootbaas kortaf.

“Jy is nou meer ’n probleem as ’n oplossing. L. Otto moet gestuit word. Dis óf dit óf dis volgende week jou funeral.

“En ek en jy weet mos f*kk*n min mense gaan na jou begrafnis kom.”

Donnie voel hoe sy keel toetrek. Die nasmaak van die whisky in sy mond is ewe skielik bitter. Galbitter.

Hy weet Die Grootbaas is nie iemand wat ydele dreigemente maak nie.

As Die Grootbaas sê dit gaan môre reën, dan moet dit eenvoudig môre reën. Selfs al moet iemand ’n moerse shower-kop oor sy dak laat giet.

“Ons weet waar L. Otto se ma woon,” sê Donnie in ’n piepklein stemmetjie wat nie by sy logge lyf pas nie.

“Onvriendelik het my netnoumaartjies gebel. Hy is nou op pad daarheen.”

“Ja, dit klink belowend,” sê Die Grootbaas.

Donnie is verlig om te hoor Die Grootbaas se stemtoon klink nie meer so dreigend nie.

“Ja, ja,” gaan hy entoesiasties voort.

“Antwoorde gaan Onvriendelik kry. Selfs al moet hy daai ou antie vrek slaan.”

“Now that’s the spirit,” sê Die Grootbaas.

“Hou my op hoogte en onthou, f*k net hierdie op en weet dat daar vir seker geen kerriekos op jou funeral gaan wees nie.”

Die oproep word beëindig.

Donnie sit nog lank met die selfoon teen sy oor voordat hy besef Die Grootbaas is lankal nie meer aan die ander kant van die lyn nie.

Hy vloek kliphard en druk dan ’n paar nommers op sy selfoon.

Hy moet Onvriendelik bel en vuur onder sy gat maak.

Dis immers hy wat Donnie is wie se gat op die spel is.ONVRIENDELIK is op die punt om die hekkie oop te stoot toe sy selfoon lui.

Hy frons vies toe hy Donnie se nommer herken.

“My larney?” antwoord hy kamma nederig.

Hy weet Donnie is nie Die Grootbaas nie en dit frustreer hom tot diep in sy kleintoontjie dat hy klein teenoor Donnie moet speel.

Hy luister aandagtig na die be­vele wat Donnie blaf en rol selfs ’n paar keer sy oë.

“Ek is nou hier,” antwoord Onvriendelik kortaf.

“Ek sal beslis groete stuur aan L. Otto se ma.”

IEWERS in ’n donker hoekie krimp ’n man ineen.

Hy was te laat. Hy het soos ’n mal ding gespook om voor Onvriendelik hier op te daag. Alles verniet.

Onvriendelik het sy ma se huis opgespoor. Hoe, dit weet hy nie.

Maar wat hy wel weet, is dat dit al sy kragte en skills gaan verg om once and for all van Onvriendelik ontslae te raak.

En dan is dit Die Grootbaas se beurt. Hy wat L. Otto is, twyfel geen oomblik dat Die Grootbaas ook nou weet waar sy ma bly nie.

L. Otto voel ’n angs oor hom spoel toe hy sien hoe Onvriendelik aan die voordeur klop en die deur ná ’n rukkie oopgemaak word.

  • Lees môre verder
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters