2 maande gelede
Julian worry oor sy twee vrinne in Horrid se kloue is
 ~ 

HAAI, Sonlanders! Julian is ’n ou wat nie eintlik daarvan hou om met sy pelle ’n bier te gaan geniet nie. Hulle hou nie van ophou nie. En dié spesifieke aand is dit weer die geval. Maar net as Julian moeg gewag is vir sy vriende om klaar te paartie, sien hy ’n prag van ’n meisie. Daar is egter een groot probleem: Dié meisie is die girlfriend van die gevreesde gangster Horrid. Horrid kom na Julian-hulle se tafel en order hom om na die meisie, Romi, te kyk terwyl hy sy business afhandel. Hoe gaan Julian hom uit hierdie dilemma kry? Geniet nou hoofstuk 2 van ELDRIDGE JASON se Romi en Julian.

HORRID is skaars ’n paar meter weg toe Romi na Julian draai.

“Ek hoop nie Horrid het jou skrikgemaak nie,” sê sy in ’n stroopsoet stem.

“Hy het nie veel people skills nie, you know. Maar hy is ’n goeie mens.”

Yeah right, dink Julian. Die enigste goeie gangster wat hy ken, is ’n dooie gangster.

Maar hy kap zip.

“So, wat maak ’n fênsie girl soes djy inne plek soes dié?” try Lange sy luck.

Romi trek haar skouers op. “Ek is nie een van daai girls wat dink hulle wat-wat ice-cream nie.”

“Ek is van Out of Sight.”

“Out of Sight?” vra Julian. “Wat virre plek is dit?”

Romi lag. “Gooi daar ’n bier,” sê sy aan Lange. “En watse klomp vrae vra julle?

“Out of Sight is Uitsig, man. Moenie sê julle het nog nooit van die plek gehoor nie.”

“Daar waar hulle skiet asof dit uit fêshin raak,” sê Lentils en gryp dankbaar die glas bier wat Lange na hom uithou.

Romi vat ’n sluk van haar bier. “Nie almal wat daar bly, is gangsters­ nie.”

“Dit is seker waar,” hou Lentils dik. “Maar nie die grootste liefde in die wêreld sal maak dat ek dáár gaan bok nie.”

Lange lag kliphard, maar bly stil as hy besef Romi vind Lentils se uitlating nie snaaks nie.

“Verskoon maar my tjommies,” sê Julian. “Die ouens kom nie veel in die geselskap van girls nie.”

“Ek kan so sien, ja,” sê Romi vies. “Maar dit lyk darem asof jý goeie maniere het.

“My kind of guy.”

Julian voel hoe hy uit sy nek uit warm word.

“Oeee,” sê Lange heel voorbarig. “Iemand gat lekker op sy moer by Horrid kry.”

Lange se woorde ruk Julian na die werklikheid terug.

“Horrid is nie my ou nie,” sê Romi. “Hy vertel maar net vir almal so sodat enige jong nie sy luck by my moet try nie.

“Hy is my broer.”

“Jou broer?” vra Julian in ongeloof. Hy wil verder praat, maar bly stil toe hy een van Horrid se manskappe in hulle rigting gestap sien kom.

By hulle gekom, wys hy na Lange en Lentils. “Julle twie, kô saam met my,” sê hy kortaf.

En toe die twee hom verdwaas aangaap, blaf hy: “Ek gaan myself nie repeat nie. Kom saam as julle wiet wat is goed vir julle.”

Sonder om op die twee te wag, draai hy om en stap weg.

Lange en Lentils wissel ’n vinnige blik en skarrel dan soos een man agter die ou aan.

“En nou?” vra Julian­ aan Romi. “Wat kind dan nou?”

Romi trek haar skouers op

“Ek weet nie. Horrid vang die snaaksste goed aan as sy kop die dag uithaak.”

“En is dit vanaand een van daai tye dat sy kop uithaak?” vra Julian bekommerd.

Hy is geworry oor Lange en Lentils.

Hulle is van daai vriende wat jou deur die naat trek, maar verdien nie om enige leed aangedoen te word nie.

Romi slaan Julian ’n gemoedelike hou agter die blad.

“Jy worry te veel,” sê sy. “If you worry, you die. If you don’t worry, you also die. So, why worry?”

“H’mmm, Out of Sight se mense kan oek Engels praat,” probeer Julian ’n grap maak. Maar hy voel steeds nie gemaklik dat Lange en Lentils in Horrid se company is nie.

’n Klomp stories oor Horrid loop in die neighbourhood rond. Stories oor hoe Horrid al baie mense AllPay-ry toe geslaan het.

En dan verdwyn die sake net wat teen hom gemaak word.

Hy wat Julian is, kan nie vir Lange en Lentils met Sassa-kaarte picture nie.

Nie nou al nie.

“Ek likes jou,” sê Romi uit die bloute.

“Ek is iemand wat gaan vir wat ek in die lewe wil hê.

“En ek kan sien dat jy ook van my hou.

“But ek kan nou al vir jou sê jy gaan problems kry as jy my wil hê.”

“Hoe so?” vra hy.

Lange en Lentils se lot is ewe skielik nie van belang nie.

“Behalwe Horrid, het ek nog twee ander broers – Jinx en Killa.”’

“Jeez,” sê Julian en fluit deur sy tande.

“Kon hulle nie so ’n mooi naam soos jy gekry het nie?

“Imagine net ek moet eendag vir mense sê my swaers se name is Horrid, Jinx en Killa.

“Dit gaan mos lyk of ek by Avbob offe ding werk.”

Romi bars uit van die lag.

Julian kan nie anders as om op te merk hoe mooi sy is nie. Nie die staalharde uitdrukking wat Horrid op sy gevreet het nie.

Hy wonder of hulle dieselfde ouers het. En of Jinx en Killa nog leliker as Horrid is.

So asof hy ’n Facebook invite gekry het om uit te steek, kom Horrid haastig in hulle rigting gestap.

“Kom, hou op suip,” sê hy aan Julian.

Dié sit sy glas neer asof ’n slang hom gepik het.

“Daar is somewhat vanne problem,” sê Horrid en ontwyk Julian se oë.

“Waar is Lange en Lentils?” vra Julian en lek oor sy lippe wat eensklaps kurkdroog voel.

“Hulle het weggehardloop,” antwoord Horrid bars.

“Hulle sal my nie net hier los nie. Daarvoor is hulle nog te veel in die mood om my pay-pakkie uit te suip,” sê Julian.

“Wil djy sê ek praat k*k?” vra Horrid kras.

Sy oë skiet baby pangas.

“Ek is seker hulle is fine,” probeer Romi die situasie red.

“Whatever,” sê Horrid en bekyk Julian op en af.

“Djy, djy kô saam o’s,” sê hy dan aan Julian.

“Maar ek ken julle nie,” skop Julian teen die karre.

“En besides, ek is moeg. Ek gaan nou huis toe.”

Horrid trek sy leerbaadjie eenkant toe sodat Julian die pistool sien wat langs sy sy ingedruk is.

“Hierdie is nie ’n invite nie,” sis Horrid.

“Daar is ’n job waarmee djy my moet help.

“Of djy nou wil, of nie…”

  • Lees môre verder
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters