14 dae gelede
Julian kom meer te wete oor Hoppie, sy dêrra
 ~ 

HAAI, Sonlanders! Nee kyk, dié uncle is bly hy staan nie in Julian se skoene nie. Dinge wil maar net nie sy kant toe loop nie. Die gangster dikding Horrid beveel Julian om na Lange en Lentils, wat met sy stash drugs verdwyn het, te soek. Horrid se suster, die fraaie Romi, word ook aangesê om saam met Julian na die twee te soek. Wanneer hulle twee egter alleen is, los Romi ’n vrag bomme: Horrid is nie regtig haar broer nie. Volgens haar het Horrid se pa haar biologiese pa vermoor en haar toe as haar eie grootgemaak. Romi het intussen haar ma opgespoor en vat Julian na Bellville-Suid om haar te ontmoet. Maar dan het dié ma ook ’n skok vir Julian: Horrid se pa, Julian “Hoppie” Hobbs, is sý pa. Huh? Geniet nou hoofstuk 6 van ELDRIDGE JASON se Romi en Julian.

JULIAN besef sy mond hang oop, maar hy beskik eenvoudig net nie oor die wilskrag om sy kake weer aan mekaar voor te stel nie.

Dit voel kompleet vir hom of iemand hom so pas meegedeel het dat Vader Krismis eintlik van Bishop Lavis is. Die Kreefgat, om presies te wees.

“Jy jou tande ingesluk?” vra antie Martha.

“Jy lyk so bleek soos daardie cheap bleach wat hulle by die huiswinkel om die draai verkoop.”

Julian skud sy kop in ongeloof. “Antie het tyd vir jokes maak,” prewel hy.

“Maar hierdie is ’n cruel, cruel joke. Dis nie eens funny nie.”

Martha skud haar kop.

“Mens maak nie jokes oor sulke dinge nie. Die ekonomie is anyway klaar ’n joke.

“Jy ken regtigwaar min jokes as jy dink ek suig hierdie dinge uit my duim.

“Hoppie Hobbs is jou pa, en dis klaar wat dit so is.”

“Is Ma seker?” vra Romi.

Martha draai na haar dogter toe en vra: “Jy ook, Brutus?”

“Ek het dan nou so pas gesê ek maak nie hierdie goed op nie.

“Julle kinders van vandag maak net of julle luister, nè?”

Julian hou sy gesig in sy hande. “Maar hoe?” vra hy.

Martha trek haar skouers op en sê: “Twee mense spring kaal in die bed, doen hulle dinge en nege maande later–”

“Ma!” val Romi haar in die rede. “Kan Ma nie sien hoe geskok Julian al klaar is nie? Is dit nodig om dinge so in te vryf?”

Martha trek haar skouers op. “Die lewe is tough daar buite en nie vir sissies nie.

“Mense soos Hoppie Hobbs het my lewe verwoes, my van my gesin beroof, en jy verwag ek moet sensi­tive deur die lewe loop. Daarvoor is daar mos Sensodyne.”

Julian vlieg op en begin heen en weer in die vertrek loop. Hy vee die sweet van sy voorkop af en gaan dan staan. Dan kyk hy Martha reguit in die oë.

“Weet Hoppie ek is sy kind?”

Weer trek Martha haar skouers op. “Ek het nie ’n kristalbal nie, so ek sal nie vir jou kan sê nie.

“Maar wat ek wel weet, is dat Hoppie nie sal wil hê die wêreld moet weet jy is sy kind nie.”

“Hoekom nie?” vra Julian stug. “Is ek dan só lelik?”

“Wil jy regtig hê ek moet daai vraag vir jou beantwoord?” kap Martha terug.

Sy wil nog iets byvoeg, maar besluit daarteen toe sy Romi se panga-kyk gewaar.

“Hoppie se empire is gebou rondom sy drie seuns, Horrid, Jinx en Killa.

“Dink jy daai drie wreedaards gaan hêppie wees om te hoor daar is nóg ’n brother van another mother met wie hulle die crime pie sal moet deel?

“As enigeen van hulle ’n clue gehad het wie jy is, het jy nie vandag voor my gestaan nie.”

Julian draai desperaat na Romi. “Ek weet darem nie,” sê hy.

“Hierdie hele besigheid raak nou net te veel vir my.

“Ek is na Suzie se smokkie om te gaan chill. Nie om my lewe so uitmekaar te sien val nie.”

“Jy het die kans om jou lewe te own,” sê Romi.

“Join ek en my ma en help ons om Hoppie en sy gespuis tot ’n val te bring.”

“Hoe? Hoe?” vra Julian en gooi sy hande in die lug. “Ons is net drie teen daai jongens wat wie weet hoeveel manskappe het.

“Wat kan ons doen?”

“Jy gee op nog voor jy even geprobeer het,” chime Martha in.

“Lyk dan vir my jy is ’n quitter.”

Julian gluur Martha vies aan. Die vrou werk regtig op sy nerves, dink hy.

As dit nie vir Romi was nie ... Martha is beslis nie ’n nice mens nie en drink seker elke oggend gif in haar tee.

“Ek ken die ins en outs van Pa Hoppie ...”

Dit lyk of Romi haar tong kan afbyt.

“Sorry,” maak sy verskoning. “Ek was jare so gewoond daaraan om na die man as pa Hoppie te verwys.

“Anyway, soos ek gesê het, ken ek die ins and outs van die hele business.

“Ek weet hoe hulle operate en hoe hulle geld, drugs en konkelsake werk.

“Hoppie Hopps is nie die gesondste van mense nie. As die gout hom nie die een dag kasty nie, is dit die hoë bloed en suiker.

“As ons begin om hulle business te sabotage ... kom ons sê maar net Hoppie se hart sal dit nie hou nie.”

“Arme Hoppie,” sê Martha. Daar is ’n deep freezer-uitdrukking in haar oë.

“Jinx wil nie eintlik deel wees van die familiebesigheid nie,” gaan Romi voort. “Hy is diep in die closet en wil eintlik net in ’n huisie by die see saam met sy boyfriend bly.

“Killa gaan nog homself doodmaak van moorddadig wees en Horrid ... dié het só min breins dat dit ’n miracle is dat hy nog op sy voete kan staan.”

Julian skud sy kop en sê: “Julle vergeet ’n baie belangrike ding.

“Oor minder as twee dae is ons anyway mincemeat as ons nie vir Lange en Lentils kan opspoor nie.

“Moenie vir my sê julle het vergeet dat Horrid ons net 48 uur gegee het om daai twee op te spoor nie?”

Martha staan met haar hande in haar sy.

“Dis jou vriende daai. Jý behoort mos te weet waarheen hulle sou gaan. Met watter mense hang jy uit wat ander se drugs steel?”

“Moenie vir my kom staan en preek nie,” vererg Julian hom.

“Dis nie asof ek hulle babysitter is en moes toesien dat hulle nie sulke stront aanvang nie.

“Ek het nooit gedink hulle sal so low daal nie.”

“Aah, ek sien daar is ’n bietjie fire in jou,” sê Martha goedkeurend.

“Dis goed om te weet, want jy gaan elke bietjie vuur in jou nodig hê as jy nie nóg ’n victim agter Horrid se naam wil wees nie.

“Nou dink. Waar kan Lange en Lentils wees? Wie is gewoonlik die mert waarnatoe hulle hardloop en goed in die pan gaan sit?”

Dis asof ’n light bulb in Julian se mind aangeskakel word.

“Gesiggie!” sê hy opgewonde. “Ek dink hulle is by Gesiggie.”

  • Lees môre verder.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters