2 maande gelede
Julian en Romi speel couple in soeke na stash
 ~ 

HAAI, Sonlanders! Julian word met die een skok ná die ander disnis geslaan. Martha, Romi se ma, deel hom mee Horrid-hulle se pa, Julian “Hoppie” Hobbs, is sy pa. Dieselfde Hoppie wat Romi se pa laat vermoor en haar toe as sy eie grootgemaak het. Romi wil haar pa se dood wreek en oortuig Julian om haar te help. Maar eers moet hulle Julian se tjommies Lange en Lentils opspoor, wat ’n get geslaan het met Horrid se dwelms. Horrid het hulle 48 uur gegee om Lentils en Lange op te spoor. Dan kry Julian gedagte van Gesiggie en sy smokkie, waar die twee al in die verlede uitgehang het. Geniet nou hoofstuk 7 van ELDRIDGE JASON se Romi en Julian.

GESIGGIE se smokkie is nie ver van Suzie se jaart af waar Julian gewoonlik uithang nie.

Hy verkies Suzie s’n, want hy het gehoor by Gesiggie se pozzy gaan dit meer as net panga-kyke.

Gedurende teatime by die werk het hy altyd gehoor Lange en Lentils praat van hoe die ding by Gesiggie se jaart ruk. Maar hulle het hom nooit saamgenooi nie.

En met Horrid se drugs wat nou weggeraak het, weet hy hoekom.

Nadat Julian ’n shower by Romi se ma se huis gevat het, is hulle dadelik na Gesiggie se spot. Antie Martie wou eers teen die karre skop en daarop aandring dat haar kind iets eet, maar Julian en Romi het albei besef tyd is teen hulle.

As hulle Lange en Lentils wil opspoor, is daar nie tyd vir wine en dine nie.

Romi hou voor Gesiggie se huis stil. Die nagtelike ure begin pootuit raak, maar die gevoel voor die smokkie sê loud en clear niemand hier raak moeg vir paartie nie.

“Dit gaan darem gaaf hier,” sê Romi en skakel die X5 af. “Gesiggie se customers ken duidelik nie van slaap nie.

“Ek hoor hy gooi uit met tjoef,” antwoord Julian en gaap. “Daai explain mos dan hoekom hierdie party animals nie moeg raak nie.”

Romi skud haar kop. “Ek kan nie glo dat mense hulle lewe so met drugs verwoes nie.”

Julian draai verbaas na haar. “En tog was jy lid van ’n familie wat dit hulle business gemaak het om die drug trade te control?”

Romi skud verwoed haar kop. “Ek was nooit deel daarvan nie,” verklaar Romi skerp.

“Dáái deel van die besigheid is van my weggehou, ek sweer.”

Julian trek sy skouers op. “As jy so sê.

“Maar hoor hier, ons kan nie net hier sit en wonder wat in ander se lewe skeefgeloop het nie.

“Die absolute feit is dat ons almal choices in die lewe het. Daar is nie verskonings vir enigeen wat die paadjie van drugs wil stap nie.”

“Hoekom klink dit of jy ’n personal experience gehad het?” sê-vra Romi.

Julian byt op sy onderlip. “Het eens op ’n tyd met ’n girl gespeen wat haar lewe weggetjoef het.

“Elke Vrydag wanneer ek uit die werk gekom het, was sy al padop. Later het ek gehoor sy slaap met al wat mert is om haar habit te onderhou.”

Hy bly stil.

“En toe?” por Romi hom aan.

“En toe gaan ek op my knieë en ons het happily ever after gebly,” sê Julian sarkasties.

“Wat dink jy het gebeur? Ek het haar obviously gelos.

“Dit was nog nie eens ’n jaar later nie, toe hoor ek haar lyk is iewers in ’n sloot gekry. Vol gate gesteek en vir dood agtergelaat.”

“Sjoe, dis erg,” sê Romi.

“Drugs is nie speletjies nie,” sê Julian bitter. “Maar ek is seker jy stel nie belang om my sad lewensverhaal te hoor nie. Kom, laat ons gaan kyk of Lange en Lentils hier is.”

Julian maak sy deur oop.

“Wag,” sê Romi. “Wat is ons plan van aksie? Ons kan nie net daar inloop en vra waar Lange en Lentils is nie. En selfs al is hulle daar, hoe benader ons die situasie?”

Julian grinnik. “Girl, hierdie is nie ’n plek waar jy politically en socially correct hoef te wees nie.

“Niemand werk hier op appointments nie. As Lange en Lentils daar binne is, choke ons hulle totdat hulle sê waar Horrid se drugs is.”

Julian klim uit en Romi volg haastig sy voorbeeld. Sy bibber toe die koue naglug haar vol in die gesig tref. Sy haak in by Julian, wat verbaas na haar draai.

“Ons moet ten minste soos ’n couple act,” sê sy vinnig.

“Solank jou ma net nie begin dink jy gaan ’n lelike skoonseun huis toe bring nie,” sê Julian.

“Jy is glad nie so lelik soos wat jy dink nie,” sê Romi.

Julian verwag sy gaan lag, maar besef dan met ’n onbeskryflike tinteling wat oor hom spoel sy maak nie ’n grap nie.

Hulle stap tot by die ingang waar ’n gorilla van ’n ou hulle voorkeer.

“Business of plea­sure?” vra hy.

“Au, hoe mean die man dan nou?” vra Julian kamma verontwaardig. “Ek wil my girl ’n goeie tyd gee en ek het gehoor Gesiggie se joint is waar die ding ruk.”

“O so?” vra die reus agterdogtig. “En waar hoor jy dít?”

“By my brasse Lentils en Lange,” antwoord Julian sonder om twee keer te dink.

“Daai twee tjoefkoppe?” vra die reus en grinnik. “Uitgevreet vir tik, as jy my vra.”

“So, hulle is hier?” vra Julian.

“Natuurlik is hulle hier,” sê die reus en staan eenkant toe.

“Kyk net waar die grootste crowd is, en julle sal hulle daar kry.”

Romi en Julian loer vlugtig na mekaar so asof hulle nie hulle luck kan glo nie. Dan, voordat die bouncer van plan verander, stap hulle haastig die smokkie binne.

Binnegekom, moet hulle hulle oë ’n paar keer knip om aan die skielike skemer van die vertrek gewoond te raak.

“Freaky Friday”, featuring Chris Brown, blêr kliphard vanaf die jukebox.

Julian sien ’n paar skraps geklede meisies eenkant dans.

Seker die ‘It girls’ van die hood wat by die ice cream-fabriek werk, dink hy. Dan pluk Romi hom aan die arm en wys na ’n dansende groep. Julian volg haar hand. Tussen ’n groep gillende girls herken hy Lange en Lentils.

“Ons hét hulle!” skree Romi.

Julian knik. Hy gaan homself nie hees maak deur sy malle verstand af te skree nie, dink hy.

Hy kry Romi aan die hand beet en beur deur die dansende dronkies voor hulle. Almal verbeel hulle hulle is in Chris Brown se body …

Hulle is byna by die groep toe Lange omkyk. Dié vries in sy dans moves. Haastig pluk hy Lentils aan die skouer en wys koorsagtig na Romi en Julian.

Julian versnel sy pas en Romi sukkel om by te hou. Julian bid dat Lange en Lentils nie nou aan die hardloop gaan nie.

Maar die twee is óf baie dapper óf dikgesuip, want nie een maak ’n move nie.

“Lange,” sê Julian ietwat uitasem toe hulle by die twee kom. “Oor die jare het ek jou stront opgeëet, maar die Here hoor my, as jy nie nóú sê waar die stash is nie, is daar bloed op dié dansvloer …”

  • Lees môre verder
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters