Verlede maand
Jules se pret en plesier is maar van korte duur
 ~ 

HAAI, Sonlanders! Die ding ruk by Alexander de Grootte se party. Jules bekyk die gebeure oopmond. Veral die gebeure wat plaasvind toe baie van De Grootte se volgelinge se inhibisies die pad vat. Dan, tot sy verdere verbasing, word ’n tik-lollie na hom uitgehou. Bevind Jules hom nou in die leeukuil van sonde-plesiertjies? Geniet nou hoofstuk 8 van ELDRIDGE JASON se “Glo”.

JULES hou sy hand uitgevreet uit na die tik-lollie.

Hy smaak nog ’n hit. En nog een, en nog een ...

Hy het altyd gehoor hoe vernietigend hierdie drug kan wees, maar niemand het vir hom gesê hoe lekker dit jou kan laat voel nie.

Hy is in heaven! ’n Plek waar hy g’n worries het nie. ’n Plek waar hy sy lyf ’n gawe tyd kan gee.

“Maar uncle kan darem nog die biscuit swaai,” sê ’n meisie hier in sy oor.

“Is nie ek nie, is my body!” gil Jules. Die meisie gooi haar kop agteroor en bars uit van die lag.

Jules kan sy oë nie van haar boobs afhou nie. Wanne’ laas het hy ietsie gehad? wonder hy.

Sy vol rug sal mos maak dat hy een van die dae in ’n rolstoel sit.

“Sonde is darem lekker, nè?”

Jules wip. Hy was so besig om sy oë vir ’n outing te vat, dat hy nie eens gesien het Alexander de Grootte beweeg in sy rigting nie.

De Grootte kry hom aan die arm beet. “Dis tyd om na my private spot toe te beweeg.”

“Maar die ding ruk dan hier,” protesteer Jules en gryp nog ’n glas bier wat iemand na hom toe uithou. Hy vat ’n groot sluk. Skuim spat in alle rigtings. Jules breek kliphard wind. Life is good, dink hy. Dis aan in Wuhan.

De Grootte se greep op Jules se arm is nou fermer.

“Daar is ’n tyd vir alles,” sê De Grootte deur stywe lippe.

“Die doel van vanaand was om jou net ’n proesel te gee van die lewe wat op jou wag.

“Jy kan elke aand jou lyf ’n gawe tyd gee, iemand anders se lyf ook deel as jy wil.

“Maar die tyd vir daai is nie nou nie.

“Nou sal jy vir eers jou deel moet doen om aan ons almal te bewys dat jy een van ons is.”

“Wat ... wat ... m-moet ek doen?” vra Jules en hik. “Ek is game vir enige iets.”

“Ek is bly om dít te hoor,” antwoord De Grootte en lag. Sy oë lag egter nie saam nie.

Hy trek die dansende Jules saam met hom van diestageaf. ’n Groep van ses ander ouens volg hulle.

Jules skree uit volle bors om die dansende groep aan te moedig.

Dan druk De Grootte vir Jules deur ’n klein ingang, volg hom en die ander ouens volg weer sy voorbeeld.

Die musiek klop nou net in die verte.

“Een ding, julle ken van ’n paartie gooi,” sê Jules laggend vir die ouens wat nou weerskante van hom loop.

Nie een van hulle lag egter terug nie. Hulle gesigsuitdrukkings is uit graniet gegrou.

“Ouens,” sê Jules steeds vrolik. “Julle sal moet leer om te chill.

“Die lewe is way te kort om so suurgevreet te ly–”

Jules se tande klap teen mekaar toe een van die ouens afhaak en hom ’n harde klap deur die gesig gee.

Sy kop draai en sy ore suis.

“Wat gaan dan nou aan?” vra Jules en hou sy vuurwarm wang was.

“Was dit dan nou nodi–”

Woeps! word hy weer aan die ander kant van sy gesig geklap.

Die hou vang hom so onkant dat hy sy balans verloor.

En toe begin al die ouens hom skop en trap.

Jules hou sy hande beskermend voor sy gesig. Nie ver van hom af nie kan hy De Grootte uitmaak. En die groot grynslag op sy gesig.

JUSTICE Moloi is ’n moeilike man.

Die trippie Bellville toe was omtrent ’n mission.

Eish, Kapenaars weet regtig nie hoe om te bestuur nie. Ry soos die hond se gat.

Hy sit nou al ’n halfuur en wag op die biochemikus dr. Tamzin Crule.

Snaakse van, dink hy. Maar hy kan sien waar sy aan haar van kom. Dis regtig cruel om iemand so lank te laat wag.

As hy nie verleë was nie, het hy lankal ’n move gemaak en ’n lange gegooi.

Hy wip van die skrik toe die kantoordeur oopvlieg.

’n Windverwaaide meisie kom met ’n klomp lêers onder die arm na binne gestorm.

Met haar ander hand probeer sy keer dat die deur in haar gesig toeslaan.

“Ek is so jammer, so jammer,” maak sy verskoning. “Ek neem aan u is kaptein Moloi?”

Sy wil ’n hand uitsteek, maar dan val al die lêers onder haar arm uit. Sy los ’n klein gilletjie.

Moloi vlieg van sy stoel af op om haar te hulp te snel.

Die twee kniel tegelykertyd by die hopie lêers en hulle koppe stamp teen mekaar.

“Ouch,” kreun die meisie. Haar bril vlieg van haar gesig af.

“Ek is so jammer, so jammer,” is dit Moloi se beurt om nou om verskoning te vra.

Hy gryp die bril van die vloer af en oorhandig dit aan die meisie wat dit tastend vat. Sy sit dit versigtig om haar gesig terug.

“Ek neem aan u is doktor Crule?” vra hy beleefd.

Sy knik en vryf weer oor haar kop.

“En u spesialiseer in immunologie?”

Doktor Crule kyk Moloi lank aan. So lank dat hy wonder of sy sy vraag gehoor het.

“Ek neem aan u is nie hier om oor my credentials te praat nie,” sê sy styf.

“Die polisie sal nie sommer vir my kom kuier nie. Ek het ’n skoon misdaadrekord en my belastingopgawes is op tyd.

“Hoe kan ek u help?”

“Straight to the point. I like,” antwoord Moloi met ’n breë smile. “Ek kan u nie al die details vertel nie – ’n saak van gebed en nasionale sekuriteit.

“Maar ek wil graag by u weet wat die moontlikheid en uitkoms sal wees van ’n biochemiese aanval hier in Suid-Afrika?”

Doktor Crule trek haar asem skerp in. “Dis nou toevallig,” sê sy.

“Eers verdwyn twee van my top- doktorale studente sonder enige waarskuwing net nadat daar materiaal uit ons lab weggeraak het.

“En nou kom jý hier aan,” sê sy onthuts.

Moloi voel ’n opgewondenheid deur sy lyf tintel.

“Jou studente is missing?” vra hy en lek oor sy lippe wat hulle eensklaps verbeel hulle is van die Kalahari.

“Ja, kan jy dit nou oorvertel.

“Net gesê dat hulle besluit het om daai Alexander de Grootte-vent te volg en toe gooi hulle hul toekoms net so weg.”

En Moloi raak asvaal in die gesig ...

  • Lees môre verder

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters