4 maande gelede
Jules is gewalg deur wat hy hier voor hom sien
 ~ 

HAAI, Sonlanders! In sy gesprek met twee jong mense kom Jules agter dat hulle heavy onder die influence van die sekteleier Alexander de Grootte is. Jules word deur De Grootte na ’n partytjie genooi en word deur een van sy aanhangers daarheen gelei. Maar word hy dalk soos ’n lam ter slagting gelei? De Grootte weet immers dat hy wat Jules is saam met die cops werk om hom vas te trek. Geniet nou hoofstuk 7 van ELDRIDGE JASON se “Glo”.

VAN ver af hoor Jules gedempte musiek.

Sulke rave-goeters waarvan hy destyds so ’n afkeer gehad het.

Die jongman wat hom begelei, maak dansbewegings voor hom.

Jules skud sy kop. Te veel jongmense wil dans-dans deur die lewe gaan, dan staan hulle toekomsplanne stil, dink hy vies.

Hulle stap tot by ’n deur waar ’n frisgeboude, bebaarde ou arms gevou staan. Die reus knik vir die ou langs Jules en maak die deur oop.

“We are The Prodigy

Invaders must die

Invaders must die

Invaders must die

Invaders must die

Invaders must die ...”

“Hoekom dieselfde stront oor en oor repeat?” vra Jules bo die gedruis van die musiek aan die klong langs hom.

Hy twyfel egter of die ou hom gehoor het, want hy dans net voort in die rigting waar die musiek vandaan kom.

Jules beur deur die malende, dansende massas. Girls skud hulle kop van die een kant na die ander. Jules voel hare in sy mond. Hy spoeg dit vies eenkant toe.

’n Ander groep jongmans staan en hop weer op een plek asof hulle almal vol Duracell-batterye gelaai is. Hier en daar spat van hulle spoeg in mekaar se gesigte, maar hulle almal lyk min gespin hieroor.

Hy het nie so ’n groot groep mense verwag nie. Hier is maklik duisend jongmense hier, dink hy verwonderd.

So asof ’n choreograaf aan’t stuur van sake staan, maak die massas wat so berserk dans soos die Rooisee voor hom oop.

Dan sien hy ’n klein verhogie voor hom. Jules se mond hang oop. Nie oor die grootte van die stage nie, maar oor wat hier voor hom aan’t afspeel is.

Hy knip sy oë ’n paar keer en wonder of die laser disco lights truuks op sy oë speel. Hy onderdruk met moeite die begeerte om homself te knyp.

Maar hy weet: Wat hy voor hom sien, is for real. Regtigwaar.

As jong laitie wat ook maar deur sy hormone gekasty is, het hy eenkeer ’n blou film saam met sy vriende gekyk. Net een keer.

Maar die toneel voor hom ... hy weet nie eens of so iets in ’n porn-fliek toegelaat sal word nie.

Alexander de Grootte dans kaalstert in die middel van die stage, omring deur jong, kaal en halfkaal girls.

Daar is ’n skaap ook op die stage en nie ver van die gedierte nie is ’n paartjie besig om die lewende hel uit mekaar te seks.

Skuins oorkant hulle is twee meisies in hulle Eva outfits besig om hulle te verbeel hulle is die Dotsure couple.

Jules voel hoe die walging in hom opstoot. Hierdie tonele ... die walglikheid daarvan, dis om van te kots, dink hy kwaad.

Dan voel hy ’n paar oë op hom en toe hy opkyk, kyk hy vas in die uitdagende blik van Alexander de Grootte, wat tesame met sy pap eiers op die maat van die oorverdowende musiek rondwieg.

De Grootte wink hom nader en Jules besef dat hy nie ’n keuse het nie. Is hierdie die groot sur­prise wat hy beloof is? ’n Kaalstert-dans met ’n sekteleier, sy crew en ’n blêrende skaap?

JUSTICE Moloi skuif ongemaklik op die stoel rond in sy baas se kantoor.

Soos gewoonlik is brig. Mthembu weer in die vrotste bui denkbaar.

Kamma-likes verdiep in ’n lêer voor hom, maar Moloi weet dit is net vir die eye-blind.

Mthembu wil hom soos ’n laitie hier laat sit, en dit terwyl daar hope werk is wat op hom wag.

Dan los Mthembu ’n wind. ’n Harde wind wat veranderinge teweeg kan bring.

En net sodat Moloi nie moet wonder of hy hom verbeel het nie, los Mthembu nog ene.

“Het ... het Brigadier gepoep?” vra Moloi onseker.

Mthembu kyk op en gluur hom aan.

“Wie? Ek?

“Dis my broek wat probeer om ’n conversation met my te hou.”

Voor Moloi sy baas se antwoord kan verwerk, gaan Mthembu voort: “Natuurlik het ek geskyt. Het ek dan jou permission nodig?

“Hierdie is my broek. Ek het daarvoor betaal.”

Moloi sluk swaar aan die knop in sy keel. Hy weet nie wat om te sê nie. Hy het anyway nie ’n kursus geloop oor hoe om met ’n idioot te deal nie.

“Kon jy al vir Jules opspoor?” blaf Mthembu.

Weet die man nie hoe om met mense te praat nie? wonder Moloi.

“Ons mag dalk ’n leidraad hê,” gooi Moloi ’n klip in die bos.

Mthembu staar hom nuuskierig aan. “O, ja?” vra die brigadier. “Het jy goeie nuus? My base het ’n cutting torch onder my hol, you know.

“Hulle is bang dat De Grootte dalk een of ander virus soos in China hier in die land wil loslaat.”

Dit val Moloi by hoe sy baas se stem eensklaps drup van vriendelikheid.

“Ek het ook so iets gehoor,” sê Moloi. Hy besluit op die spot om Mthembu se gamesaam te speel.

“Ons intel wys hoeka daar’s twee biochemists in De Grootte se groep wat spesialiseer in immunologie. Ek weet nie eintlik wat hierdie groot woord beteken nie en wil nog later ’n kenner op dié gebied by die UWK gaan sien.”

Mthembu se oë rek groot. “Hoekom ... hoekom hoor ek nou eers hiervan?”

Moloi sit kiertsregop op sy stoel met ’n vroom gesigsuitdrukking soos iemand wat so pas sy hart vir die Here gegee het.

“Ek het ook maar nou net voordat u my ontbied het, daarvan gehoor, Brigadier.”

Mthembu lyk meteens bekommerd. Diep bekommerd.

En Moloi kan nie anders as om te wonder of hy per ongeluk die regte snaar aangeroer het nie.

’n Snaar wat dalk ’n biologiese ramp vir hulle kan inhou. Jinne, hy sal Jules moet opspoor. So gou moontlik!

JULES probeer hard om nie te protesteer toe twee girls op hom afstorm en die deftige aandpak van sy lyf af begin skeur nie. Die meisies is amper soos diere wat veels te lank aan load shedding blootgestel is, dink hy paniekerig.

Dan rek sy oë nog groter as hy sien dat De Grootte ’n kleinerige pypie na hom toe uithou.

’n Pypie wat hy veels te dikwels al in die koerante gesien het.

En dan besef hy: Almal hier is dik getik!

  • Lees môre verder
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters