19 dae gelede
Horrid gee Julian ’n opdrag wat hy nie kan decline
 ~ 

HAAI, Sonlanders! Julian is ’n ou wat nie eintlik daarvan hou om met sy pelle ’n bier te gaan geniet nie. Hulle hou nie van ophou nie. En dié spesifieke aand is dit weer die geval. Maar dié keer steek ’n dikding-gangster en sy mooi suster uit. Horrid beveel Julian se pelle Lange en Lentils om saam met hom te gaan. Maar nie lank daarna nie is Horrid terug en dring daarop aan dat Julian saamgaan oor Lange en Horrid hom glo ingedoen het. Wat gaan dan nou aan? Geniet nou hoofstuk 3 van ELDRIDGE­ JASON se Romi en Julian.

‘WEER ontmoet, weer ontmoet,” sing een van die ouens in die smokkie toe Julian by hulle verbygestap kom.

Twee van Horrid se manskappe loop aan weerskante van hom.

So, al wat Julian kan doen, is om vir die vervelige dodemars- sanger ’n pangakyk te gee.

Hy draai na Romi, maar sy kyk reguit voor haar. Penorent, soos iemand wat die woordeboek oor penne ingesluk het.

Wat het Lange en Lentils ge doen ? wonder Julian benoud.

Hulle was weer dik gesuip en het hulle luck getry. Nou moet hý die kastaiings uit die vuur krap.

Buite gekom, stap Horrid reguit na ’n pikswart BMW X5 toe.

Julian is nie eintlik verbaas toe hy Horrid se spogwa sien nie. Alle boejongens laiks mos BMW’s.

Een van Horrid se h*lborsels boender hom agter by die BM in.

Horrid skuif agter die stuurwiel in, met Romi wat links voor gaan sit.

Horrid draai sy truspieëltjie so dat hy Julian in die oë kan kyk. “Daai twie brasse van djou ... waa’ bly hulle?” vra die gangster koud.

Julian skud sy kop.

“Iewers in Smarty Town, but ek ken nie die huisnommer nie,” antwoord hy.

“Ek weet hulle bly in twee verskillende wendys op dieselfde jaart, maar ek was nog nooit daar nie.”

“Nou, wat virre bra is djy dan?” vra Horrid. “Lieg djy vi’ my?”

Julian skud heftig sy kop. “Ek sal nie vir u lieg nie, meneer Horrid. Ek praat die waarheid. Ek, Lange­ ­­en Lentils sien mekaar óf by die werk óf by die smokkie.

“Verder lei ons almal maar ons eie lewe.”

Horrid frons.

Dan draai hy na Romi.

“Dink djy die jong praatie waarheid?”

Sy knik. “Ek likes hom. Ek dink nie hy lieg nie.”

“Djy wil noek net kô staan en likes,” sê Horrid diep verontwaardig.

“Djy ka’ bly wies djy’s my siste.”

Romi lag. “Wil jy dan hê ek moet vir my iemand kry met ’n pêshin ghêp?”

Horrid grinnik. “Djy kan nou al imagine hoe Jinx en Killa ga’ react.

“Onthou djy wat laas gebeur het toe Killa op ’n killing spree geganit?”

Romi trek haar skouers op. “Killa sal vir hom moet lekker hou.

“Ek is oud genoeg om met my lewe te maak net wat ek wil.

“Ek het hom al gesê om al die killing sprees te los en eerder by Spree te gaan shopping.”

Horrid draai hom na agter. “Dit klink nie of djy veel van djou brasse wiet as dat hulle laiks om djou uit te suip nie.

“But wat djy vir nou moet wiet, is dat hulle weg is met ’n shipment van my van oorie­ mil­. En ek soek dit t’rug. By djou.”

Julian sluk swaar aan die knop in sy keel. So, Lange en Lentils het Horrid se drugs gesteel? Meer as R1 miljoen s’n!

“Ek ... ek het nie sulke geld nie.”

“Ek wiet,” sê Horrid kortaf. “Dis tog clear dat Powerball nie voor djou kop staan nie. Ek gaan djou ’n dag of twie gee om hulle met my ware op te spoo’.

“En om sieke te maak djy try oekie spat’ie, stuur ek vi’ Romi met djou.” Romi draai verbaas na haar broer.

“Wat?” vra Horrid kamstig onskuldig.

“Djy sê dan djy likes hierie ou, soe out of brotherly love bless ek djulle twie met 48 hours.”

“Ek het niks verkeerds gedoen nie,” probeer Julian hom uit die affêre wikkel.

“But djy moes my gesê het djou pelle is skelms,” kap Horrid terug.

“Maar hoe moes ek weet?” sê Julian en gooi sy hande in die lug.

“Ek is mos nie die een wat hulle by die tafel kom haal het nie.”

Horrid draai hom na agter. “Soe wil djy sê dis mý skuld?” sis hy.

“Niemand blame my oor ander mense se k*k nie.”

Hy kan seker dieselfde sê, dink Julian, maar bly stil. Horrid lyk asof hy slange kan bangmaak.

“Twie dae, twie dae,” sê Horrid en hou twee krom vingers omhoog.

“Ek gie vi’ djy en Romi dié X5 en ’n sak kroon. Dala om daai ouense te kry, of djy’s vedala.

“Ek praat mossie rocket saains’ie, nuh?”

Julian knik instemmend. Horrid vryf ingenome sy hande teen mekaar en kyk dan die ou langs Julian in die oë.

“Barbaar, bring solank die ander kar om.”

Julian loer na die ou wat hom so flussies die X5 ingeboender het.

Hy kan nie hiermee deal nie, dink Julian. Maar Horrid en sy ouens het die wonderlikste name. Horrid krap in ’n binnesak van sy leerbaadjie en smyt dan ’n dik pak note in Julian se rigting.

“Dè, ek wiet djou gevriet kennie so baie geld nie. But hierie issie vi’ luxuries nie. Bring my goete t’rug, en all will be forgotten.”

“En Lange en Lentils?” vra Julian­.

“Gaan jy hulle ook vergewe?”

“Daa’s ’n lord wat dikhou dat o’s ammal siewentag maal something­ moet vi’giewe,” sê Horrid.

Hy ignoreer Julian se blik en draai na Romi.

“Lat wiet my as dié jong hom lastig hou of try weg ha’loep.

“En onthou, hierdie is djou kans om vi’ die anner te prove djy belongs oek innie family business.”

Romi knik. Daar is ’n strak uitdrukking op haar gesig.

Barbaar trek in ’n fênsie Nissan 370Z Coupé met ’n brêkkerige gebrul van die kragtige enjin langs die X5 op.

“Dom ding,” brom Horrid. “Hy wiet nettie oor hy dié two-seater gevat het, loep hy vannag huis toe nie.”

Sonder ’n verdere woord klim hy uit, slaan die deur toe en klim in die posh sportmotor.

Romi klim uit, loop om die X5 en gaan sit in die driver’s seat. Dan draai sy om na Julian.

“Moet ek vir jou soos miss Daisy in die rondte ry? Of ’n invite stuur om voor te kom sit?”

Horrid se Nissan trek met ’n stink spoed weg.

Julian klim vinnig uit en gaan sit voor langs Romi.

“Ek is jammer oor hierdie gemors,” sê Romi. “Maar as Horrid nie sy sin kry nie, is jy witbene.”

Toe Julian nie antwoord nie, gaan sy voort: “Dit help nie jy’s kwaad en ignore my nie.

“Ons het mekaar nodig. Daar is vir ons al twee baie op die spel.”

  • Lees môre verder

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters