11 dae gelede
Die spook slaan weereens in die kinderhuis toe
 ~ 

HAAI daar, Sonlanders! Laas week het ons kennis gemaak met Hannes en Wendy Keyser van Riversdal. Dié getroude couple is gemeen­skaps­werkers wat die las op hulle geneem het om in Veilige Huis in Kaasstraat 666 na 10 straatkinders om te sien. In die nag gebeur daar egter snaakse dinge in die kinderhuis. Die kinders vertel ’n “spook” bevoel die kleinste seuntjies saans. Ná ’n uitstappie na die bergpiek Sleeping Beauty onthul twee seuntjies daardie aand hulle dink die spook is hulle eie auntie Wen, soos die kinders hulle voog liefderik noem. Die laities sê hulle het haar parfuum daardie dag op die berg geruik – dieselfde reuk wat hulle gekry het toe hulle in die nag bevoel is. Lees nou die slotaflewering van KEITH MEYER se “Spook in die Kinderhuis”.

‘LOS julle nonsens!

“Hoe kan ek die spook wees?

“Hoekom sal ek dan nou net die seuntjies staan en bevoel?

“Skaam julle om sulke nonsens te verkondig.

“Ek is sommer lus en trek julle oor my skoot.

“Laat ek nou net weer sulke nonsens hoor, dan gaan ek ’n regte spook julle laat kom bang maak!” laat antie Wendy die twee seuntjies staan maak.

Hannes het hierdie gesprek tussen die twee seuntjies en sy vrou gehoor en kom ook die vertrek binne.

Hy is omtrent briesend en haal sy belt af.

Hannes bulder: “As julle nog net een woord hieroor praat, brand julle gatte!

“Ek smyt julle sommer weer op straat uit.

“Dan sal julle weer suffer sonder kos en slaapplek.”

Die ander kinders hoor die gesprek ook.

Hulle is kwaad vir die ander twee seuntjies.

Dit is veral die meisies van die Veilige Huis wat die twee seuntjies aanvat.

“Julle los auntie Wen uit. Sy is ons mamma.

“Sy sal mos nooit kinders – nogal seuntjies – bevoel nie!

“Van nou af gaan ons die seuns se kamer oppas teen die spook.

“Dan kan almal lekker soet en veilig slaap,” sak die meisietjie met die langste vlegsel af.

Wendy en Hannes besluit om maar ’n berader vir die kinders in te kry.

Maar eers moet daar weer geld van die sponsors af gekry word om daarvoor te betaal.

“Ons sal die saak baie mooi moet hanteer, Wendy.

“Gelukkig sal niemand die kinders glo nie, maar ons sal dit uit hulle koppe moet kry.

By the way, hoekom sal jy, wat so lief vir hierdie Hannes se lyf is, nogal met seuntjies peuter?” wil Hannes weet en streel Wendy se rug terwyl sy haar hand in sy groot hande plaas.

Die twee is die ene love and spice daar in die sitkamer.

Die ander kinders sien dit en voel sommer ook dadelik meer gerus.

Selfs die be­rader glo die kinders sien sommer dinge.

“Dit is nie iemand in die huis wat julle pla nie.

“Dit was seker die seuntjies se verbeelding.

“Julle laities moet maar ophou snaakse movies kyk, hoor?

“Daardie goete steek vas in julle minds,” is die berader se aanbeveling.

BYNA ’n hele maand gaan sonder voorval verby. Dis nou weer alles rustig.

Daar is geen teken van ’n spulse spook met ’n voorliefde vir slapende seuntjies nie.

Die meisies pas ook nie meer elke aand die seuns se kamers op nie.

Dan, een aand ná ’n lekker movie wat die seuns in die Veilige Huis se sitkamer gekyk het, gebeur daar weer iets.

Dit is die mooiste maanligaand en die maan se helder skynsel op Sleeping Beauty, die bergpiek, skep sommer die indruk van ’n aand vir romanse.

’n Deur gaan net ná middernag oop.

Weer is dit die seuntjies se kamer wat geteiken word.

Weer word ’n seuntjie op ’n bed vasgedruk. Weer word ’n seuntjie bevoel en betas.

Die seuntjie wil raas, maar hy kyk vas in twee spierwit oë wat diep in hul kasse stil staan.

Hy raak soos ’n ysblok – koud en gevries van vrees.

Hy kry geen geluid uit nie.

Dan klim die liggaam van die seuntjie af en trek die deur agter hom toe.

Die twee seuntjies deel ’n kamer en slaap op sulke dubbele slaapbanke.

Die een slaap bo en die ander een onder.

Daardie nag het die “spook” gedink albei seuns wat die kamer deel, is aan die slaap en het nie veel notice gevat van die een wat upstairs geslaap het nie.

Dis die einste upstairs boy wat hom aan die slaap gehou het – vanaf die oomblik dat die deur oopgegaan het totdat dit weer toegegaan het.

Hy vlieg toe saggies op nadat hy gehoor het hoe die “spook” eers weer by die toilet ingaan.

Hy sluip saggies verby die toilet na die hoofslaapkamer van uncle Hannes en auntie Wendy.

Daar kruip hy in op die leë, warm plek van die een wat veronderstel was om ook daar vas aan die slaap te wees.

Die “spook” kom die hoofslaapkamer binne ...

Die ding probeer om ewe saggies in die donker kamer op die bed te kom.

Groot is die verbasing toe die “spook” voel daar lê dan nou ’n ander liggaampie.

Van skrik begin die persoon sommer raas.

Dan vlieg die ander persoon in die bed ook op en sit die lig aan.

Daar staan Hannes groot en vet voor die bed en een van die seuns lê dan nou op sy plek!

“Hannes, wat gaan aan?” vra ’n benoude Wendy.

Die seuntjie sak af: “Die spook het nou net weer vir klein Noah bevoel.

“Toe hou ek my aan die slaap en volg die spook en kom kruip op sy plek in!”

Wendy sak neer in die stoel wat in die kamer staan.

Hannes kry nie ’n woord uit nie. Die seuntjie sit dapper regop in die bed.

Die egpaar sit vir die volgende paar minute net stil na mekaar en staar.

Toe gryp Hannes en Wendy die seuntjie en ry met hom uit die huis.

LATER daai oggend basuin die sosiale media reeds die nuus uit.

Almal is verbaas, verstom en verwonderd oor die skokkende inskrywing wat hulle in die sosiale media lees: “Die lyk van ’n seuntjie wat uit Veilige Huis 666 weggeloop het, is vanoggend agter die garage naby die slagpale gekry. Dit lyk asof hy doodgesteek is.”

  • Die einde

Wat dink jy van hierdie storie? Enige voorstelle? SMS na 32369

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters