6 dae gelede
Wen twee boeke
 ~ 

TWEE lesers kan ’n boek wen deur ’n SMS aan Son te stuur.

  • Die eerste boek is Onverwags Myne.

Die suksesvolle Kaapse sakeman Leonardo Anderson word onverwags as Suid-Afrika se hubaarste vrygesel aangewys. Hy besluit om eerder in die noorde te gaan wegkruip.

Amanda Toerien hou nie van aantreklike mans nie, want sy weet alte goed – ’n mooi man is almal s’n. Haar nuwe buurman is ’n regte bleeksiel en sy het ’n sterk behoefte om hom uit sy kluisenaarsbestaan te red.

Leonardo weet hy moet van die mooie Amanda af wegbly.

Maar daar begin ’n pragtige vriendskap tussen die twee ontwikkel en mettertyd kan hulle nie hulle oë of hande van mekaar afhou nie.

Leonardo leef egter ’n leuen en die waarheid kan dinge tussen hulle regtigtigwaar lelik beduiwel.

  • Die tweede boek is Ek Maak Reg vir Kleuterskool.

Hierdie aktiwiteitsboek bevat meer as 140 selfklewende plakkers, asook verskillende prente om in te kleur.

Die reeks is spesifiek ontwerp om kinders te help om die vaardighede wat hulle voor en in kleuterskool benodig, verder te ontwikkel.

  • NB-Uitgewers skenk dié week se boeke.

Om te wen, moet lesers net ’n maklike vraag beantwoord.

SMS die woord BOEK en die antwoord op die vraag onder na 35128 (elke SMS kos R1.50).

Ons sal die wenners volgende week kontak.

Die vraag is weer uit die Kaap se voorste showbiz- ­rubriek, Kelly-Lee Ohlson se “Lekke’ Djy”. Dié week se maklike vraag is: Watter aktrise het erken sy is ’n loervink op sosiale media?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters