2 maande gelede
Wen twee boeke
 ~ 

TWEE lesers kan ’n boek wen deur ’n SMS aan Son te stuur.

. Die eerste boek is Die Eks-noodgeval.

Alana de Koker dink nie twee keer daaroor om as trauma-chirurg in Johannesburg te spesialiseer nie.

Om voortdurend aan die gang te bly, sal juis help om die duiwels uit haar kop te hou. Dan hoor sy egter ’n bekende stem by ongevalle. Daar lê die laaste mens op aarde wat sy ooit weer wou sien. Ná vyf jaar moet sy haarself steeds herinner om kalm te bly as Braam Smit net na haar kyk. Maar die sexy paramedikus en reddingsinstrukteur maak steeds haar knieë en ander vroue s’n lam.

Dis ’n ander Alana wat nou voor Braam staan. En sy sal als in haar vermoë doen om seker te maak hy sien nie dat haar wonde steeds rou is nie. Sy mag nie weer in haar eks-man se arms beland nie.

. Die tweede boek is Stoffel Die Bouer.

Stoffel werk vandag hard.

Hy bou vir sy vriendin ’n nuwe huis. Roffel help hom, want daar is so baie om te doen!

Volg Stoffel se avonture in hierdie eerste leser-reeks met eenvoudige woordeskat wat perfek vir beginners is.

  • NB-Uitgewers skenk dié week se boeke.

Om te wen, moet lesers net ’n maklike vraag beantwoord.

SMS die woord BOEK en die antwoord op die vraag onder na 35128 (elke SMS kos R1.50).

Ons sal die wenners volgende week kontak.

Die vraag is weer uit die Kaap se voorste showbiz- ­rubriek, Stephanie Pekeur se “Lekke’ Djy”. Dié week se maklike vraag is: Met watter sexy aktrise gaan Nick Jonas trou?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters