3 maande gelede
Wen twee boeke
 ~ 

TWEE lesers kan elk ’n boek wen deur ’n SMS aan Son te stuur.

. Die eerste boek is Bloed, Dunner as Water.

Hoe vermoor jy jou eie familie?

Suid-Afrika het talle sulke tragiese voorvalle. Venolia Siwa: moordenaar van haar vyf kinders.

Phoenix Theron, wat haar ma vermoor het om haar suster te beskerm.

Don Steenkamp: moordenaar van sy ouers en sussie.

John Langeveldt, wat sy suster en neef met ’n byl doodgekap het.

En nog vele meer.

. Die tweede boek is Jan en die Boontjierank.

Lank gelede was daar ’n arm seun, Jan, wat saam met sy ma in ’n huisie gebly het.

Op ’n dag het Jan se ma nie meer geld vir kos gehad nie.

“Gaan verkoop ons koei op die mark,” sê sy toe vir Jan.

By die mark het Jan ’n skelm slagter ontmoet.

“Ek wil graag julle koei hê,” het die slagter gesê.

“Maar ek het nie geld nie. Kom ons ruil, dan gee ek vir jou towerboontjies wat jou baie ryk sal maak.”

  • NB-Uitgewers skenk dié week se boeke.

Om te wen, moet lesers net ’n vraag beantwoord.

SMS die woord BOEK en die antwoord op die vraag hier onder na 35128 (elke SMS kos R1,50).

Ons sal die wenners volgende week kontak.

Die vraag is weer uit die Kaap se voorste showbiz- ­rubriek, Kelly-Lee Ohlson se “Lekke’ Djy”.

Dié week se vraag is: Watter modetydskrif het vir Beyoncé vrye teuels gegee vir haar September-voorblad?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters