3 maande gelede
Wen twee boeke
 ~ 

TWEE lesers kan elk ’n boek wen deur ’n SMS aan Son te stuur.

  • Die eerste boek is Bloedbande: ’n Donker Tuiskoms.

Ná jare van versoeningswerk tussen eertydse vyande in Ierland keer Wilhelm Verwoerd terug na Suid-Afrika.

Hy wil vrede maak met sy eie familie en sy geskiedenis.

In die Verwoerd-strandhuis, Blaas ’n Bietjie, waar hy sit en skryf, hang ’n gesinsfoto waarop H.F. Verwoerd, sy oupa, hom as baba vashou.

Hoe versoen hy dié menslike oupa met die gehate onderdrukker wat in die stories van sy swart bure en kennisse na vore kom, mense wat as kinders in die strate gedans het toe sy oupa vermoor is?

In sy soektog na begrip kom Wilhelm op ouma Betsie Verwoerd se privaat dagboeke af.

  • Die tweede boek is Bennie Boekwurm se Mooiste Sprokies.

Sleuteltjie, sleuteltjie, op sag satyn, laat tog ’n storie uit die boek verskyn! Lees vyf van die wêreld se mooiste en gewildste sprokies: Die Drie Varkies, Jan en die Boontjierank, Hansie en Grietjie, Die Lelike Eendjie en Repelsteeltjie.

  • NB-Uitgewers skenk dié week se boeke.

Om te wen, moet lesers net ’n maklike vraag beantwoord.

SMS die woord BOEK en die antwoord op die vraag onder na 35128 (elke SMS kos R1,50).

Ons sal die wenners volgende week kontak.

Die vraag is weer uit die Kaap se voorste showbiz- ­rubriek, Kelly-Lee Ohlson se “Lekke’ Djy”.

Dié week se maklike vraag is: Watter tennisster kla oor sy gereeld random dwelmtoetse moet ondergaan?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters