4 maande gelede
Wen twee boeke
 ~ 

TWEE lesers kan elk ’n boek wen deur ’n SMS aan Son te stuur.

. Die eerste boek is Kalmte In Die Malle Gejaag.

Jy wil asem skep en die mooi dinge raaksien.

Maar soms raak die lewe dol en jy erg gestres. Bewustelikheid (mindfulness) en meditasie kan ’n mens help om met nuwe oë na die wêreld te kyk.

Johannes de Villiers vertel die stories van gewone mense wat geleer het hoe om beter interpersoonlike verhoudings te hê, ’n positiewe bydrae tot die wêreld te maak, hul woede en stres beter te bestuur en die wonderskone in elke oomblik – ook die moeilikes – raak te sien.

Dit kan ook jóú storie wees, en dis beslis die moeite werd om dit aan te skaf.

. Die tweede boek is Die Legendariese Lua Verwey.

Lua is nie soos enige meisie wat jy ken nie.

Sy sal eerder tyd op haar J-board spandeer as voor ’n spieël of die TV.

Sy is ook allergies vir seuns. Wat vreemd is, want sy het drie boeties.

En sy wil graag krieket speel, al sal sy die enigste meisie wees.

Maar die krieketspan gaan see toe toer en sy kort beslis ’n vakansie weg van haar mal gesin af.

  • NB-Uitgewers skenk dié week se boeke.

Om te wen, moet lesers net ’n vraag beantwoord.

SMS die woord BOEK en die antwoord op die vraag hier onder na 35128 ­(elke SMS kos R1,50).

Ons sal die wenners volgende week kontak.

Die vraag is weer uit die Kaap se voorste showbiz- ­rubriek, Kelly-Lee Ohlson se “Lekke’ Djy”.

Dié week se maklike vraag is: In watter stad het Ciara en haar man, Russell Wilson, hul tweede huweliksherdenking gevier?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters