4 maande gelede
Wen twee boeke
 ~ 

TWEE lesers kan ’n boek wen deur ’n SMS aan Son te stuur.

  • Die eerste boek is Ramaphosa’s Turn.

Byna twee dekades nadat hy deur Nelson Mandela “gesalf” is, is Cyril Ramaphosa uiteindelik Suid-Afrika se president. Maar die land wat Ramaphosa geërf het, is baie anders as die reënboog­nasie wat Mandela in die 1990’s gelei het.

Dis nou 2018 en die land is verdeeld. Die land is vasgevang in ’n web van staatskaping, korrupsie, armoede en wanhoop.

Jacob Zuma se termyn as president het die land en die staatsinstansies gewond en verwese gelaat.

Nou wonder almal of Ramaphosa die land kan red en weer tot sy ou glorie kan herstel.

  • Die tweede boek is Die Vloek van Vreesbaai.

Nie lank nadat die dertienjarige Miek saam met sy ouers na Vreesbaai trek nie, begin vreemde dinge gebeur.

Nie net is hierdie kusdorpie permanent toe onder digte mis nie, maar Miek word skielik ook gedurig met sy grootste vrees gekonfronteer: ’n monsteragtige, woedende hond.

Dit lyk ook asof sy nuwe vriende by die skool elkeen hul eie geheim met hulle saamdra.

  • NB-Uitgewers skenk dié week se boeke.

Om te wen, moet lesers net ’n maklike vraag beantwoord.

SMS die woord BOEK en die antwoord op die vraag onder na 35128. Elke SMS kos R1,50.

Ons sal die wenners volgende week kontak.

Die vraag is weer uit die Kaap se voorste showbiz-rubriek, Stephanie Pekeur se “Lekke’ Djy”. Dié week se maklike vraag is: Watter bekende model sê haar verhouding is nie ’n PR stunt nie?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters