2 maande gelede
Wen twee boeke
 ~ 

TWEE lesers kan elk ’n boek wen deur ’n SMS aan Son te stuur.

  • Die eerste boek is Keur 4.

Dis drie gewilde liefdesverhale saamgevoeg in een keur.

In Liewe Onskuld lyk die jong rabbedoe Olivia Joubert aanvanklik na ’n onwaarskynlike kinderoppasster, maar sy laat geen teenspraak toe nie.

In Om Lief Te Hê aanvaar Hester Verster ’n pos by ’n plaasskool, maar die plaaseienaar is uit die staanspoor openlik vyandig teenoor haar.

In ’n Veilige Hawe trou Madeleine met die doodgoeie Johan, al maak sy dit duidelik dat sy nie verlief is op hom nie.

  • Die tweede boek is Web van die Mummie.

Maxie Pippa kry nog altyd nagmerries oor haar grootste vrees: spinnekoppe. Net voordat sy hul plaas, Moordkuil, in die Karoo verlaat om ’n nuwe skooljaar in ’n koshuis in die Paarl te begin, word die gemummifiseerde liggaam van ’n meisie in ’n bergskeur op die plaas ontdek.

Is dit die lyk van haar pa se vermiste suster?

Tot Pippa se skok is haar nuwe kamermaat gaande oor spinnekoppe. En hoekom voel dit asof die mummie haar skool toe gevolg het?

  • NB-Uitgewers skenk dié week se boeke.

Om te wen, moet lesers net ’n maklike vraag beantwoord.

SMS die woord BOEK en die antwoord op die vraag onder na 35128 (elke SMS kos R1,50).

Ons sal die wenners volgende week kontak.

Die vraag is weer uit die Kaap se voorste showbiz- ­rubriek, “Lekke’ Djy met Kelly-Lee”. Dié week se maklike vraag is: Watter bekende sangeres het ’n video van ’n Keniaanse meisie gedeel wat haar song sing?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters