3 maande gelede
Wen twee boeke
 ~ 

TWEE lesers kan ’n boek wen deur ’n SMS aan Son te stuur.

. Die eerste boek is Suzelle DIY: Die boek.

As jy weet wat YouTube is, het die 21ste eeuse nutsnooientjie SuzelleDIY sekerlik geen bekendstelling nodig nie.

Doen-dit-self met ’n humoristiese kykie.

Dis beslis ’n lawwe, maar uiters praktiese handleiding.

Suzelle gee wenke vir huishoudelike takies, jou kar, om groener te leef, braaityd feestelik te maak, jou tyd in die kombuis tot die minimum te beperk en doen-sit-self sonder enige voorvalle af te handel.

Haar vriendin Marianne maak ook haar verskyning en fokus op haar dierevriende. Suzelle is ook nie suinig om haar skoonheidswenke te deel nie.

Wonderlike resepte rond die prentjie af. Want almal kan.

. Die tweede boek is Ek Plak en Speel.

Dit is die eerste van ’n reeks plakboeke.

Met hierdie prettige aktiwiteitsboek wat 40 selfklewende plakkers bevat, kan kleintjies heerlik plak en inkleur.

Elke bladsy bevat ’n aktiwiteit en as beloning kan jy ’n pandagesiggie onderaan elke bladsy plak!

  • NB-Uitgewers skenk dié week se boeke.

Om te wen, moet lesers net ’n maklike vraag beantwoord.

SMS die woord BOEK en die antwoord op die vraag onder na 35128. Elke SMS kos R1.50.

Ons sal die wenners volgende week kontak.

Die vraag is weer uit die Kaap se voorste showbiz- ­rubriek, Stephanie Pekeur se “Lekke’ Djy”. Dié week se maklike vraag is: Watter sangeres het met depressie gesukkel?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters