3 maande gelede
Wen twee boeke
 ~ 

TWEE lesers kan elkeen ’n boek wen deur ’n SMS aan Son te stuur.

  • Die eerste boek is Let My People Go deur Albert Luthuli.

Luthuli se buitengewone storie is ook dié van die ANC, wat hy 15 jaar gelei het.

Die boek handel oor hoe hy onderdrukking en teenstand ervaar het, en hoe die Suid-Afrikaanse politieke landskap vir ewig verander is.

Dit handel oor die Defiance Campaign, die skrywe van die Freedom Charter, die verraadhofsaak en die tragedies in Sharp­ville en Langa.

Luthuli was die eerste African wat die Nobelvredesprys gewen het.

Die boek vertel van sy menslikheid, sy uithouvermoë en sy passie om ’n nie-rassige­ same­lewing te skep.

Sy visie het gehelp om Suid-Afrika te verander.

  • Die tweede boek is Ek Plak en Speel.

Met hierdie prettige aktiwiteitboek wat 40 selfklewende plakkers bevat, kan kleintjies heerlik plak en inkleur. Elke bladsy bevat ’n aktiwiteit, en as beloning kan jou kind ’n pandagesiggie onderaan elke bladsy plak.

  • NB-Uitgewers skenk dié week se boeke.

Om te wen, moet lesers ’n maklike vraag beantwoord.

SMS die woord BOEK en die antwoord op die vraag onder na 35128 (elke SMS kos R1,50).

Ons sal die wenners volgende week kontak.

Die vraag is weer uit die Kaap se voorste showbiz-rubriek, “Lekke’ Djy met Kelly-Lee”.

Dié week se vraag is: Watter sangeres se fans en vriende het vir haar opgestaan toe daar gesê is sy is lelik?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters