5 maande gelede
Wen twee boeke
 ~ 

TWEE lesers kan ’n boek wen deur ’n SMS aan Son te stuur.

. Die eerste boek is Shadow Self deur Paula Marais.

Thea Middleton is agter tralies vir ’n ondenkbare misdaad. In die tronk het sy baie tyd om te dink, maar sy kan nie altyd beheer waarheen haar gedagtes dwaal nie.

Baie van dié tyd dink sy teen wil en dank aan haar man, Clay: aan hoe lief sy vir hom was en aan die baie foute wat sy gemaak het. Sy dink ook aan haar dogters en haar seuntjie.

Tog is haar gedagtes nie altyd helder nie.

Soos wat sy, haar man, Clay, en haar oudste dogter, Sanusha, hul lewe weer probeer heelmaak, vorm elkeen se verhaal ’n stuk van ’n tragiese legkaart wat ewig by hulle sal spook.

. Die tweede boek is Klapper die Drakie is Nie Bang Nie!

Klapper en sy pelle is op ’n klasuitstappie, maar omdat daar ’n storm is, mag hulle nie Skilpad­eiland verlaat nie.

Die reuseskilpad Olleminna begin vir hulle stories vertel; daarom gaan Klapper en sy tjommies saam met die seerower Barry Bakboord op ’n skattejag. Maar Barry moet Klapper en sy vriendinnetjie Mathilda red toe ’n reuse-pylinkvis die tweetjies ontvoer.

  • NB-Uitgewers skenk dié week se boeke.

Om te wen, moet lesers net ’n maklike vraag beantwoord.

SMS die woord BOEK en die antwoord op die vraag onder na 35128. (Elke SMS kos R1,50.)

Ons sal die wenners volgende week kontak.

Die vraag is weer uit die Kaap se voorste showbiz- ­rubriek, “Lekke Djy met Albert”. Dié week se maklike vraag is: Wat wil die rapper Eminem se dogter graag word?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters