3 maande gelede
Wen twee boeke
 ~ 

TWEE lesers kan elk ’n boek wen deur ’n SMS aan Son te stuur.

. Die eerste boek is Keur 3 en bestaan uit drie stories.

In Die Honger Hart erf Julia Naudé die een helfte van haar peetpa se plaas en André Malan, sy plaasbestuurder, die ander – op voorwaarde dat hulle trou.

In Deel van die Pakket staan Margarita Duinen op die drumpel van ’n nuwe lewe. Sy begin as persoonlike assistent vir die ambassadeur Frans du Toit werk. Maar soek hy ’n assistent of ’n vrou?

In Verskuilde Liefde is Edmund Wiese weer tuis ná sy broer, Fanie, se dood. Tot sy verbasing is hy die oom van ’n tweeling en die skuldgevoelens begin aan hom knaag.

. Die tweede boek is Dans, Jenna.

Jenna is versot op dans.

Die laaste paar weke kan sy voel haar dansskoene is amper te klein, maar sy het nie die moed om haar ma vir nuwe skoene te vra nie.

As ’n mens se pa oorlede is en jou ma twee werke doen net om kop bo water te hou, is balletklasse eintlik ’n onbetaalbare luukse.

Om vir nuwe skoene te wens, is so goed soos dagdromery. Hoop vlam op vir Jenna toe die Kaapse balletgeselskap ’n kompetisie loods.

  • NB-Uitgewers skenk dié week se boeke.

Om te wen, moet lesers net ’n maklike vraag beantwoord.

SMS die woord BOEK en die antwoord op die vraag hier onder na 35128 ­(elke SMS kos R1,50).

Ons sal die wenners volgende week kontak.

Die vraag is weer uit die Kaap se voorste showbiz- ­rubriek, “Lekke’ Djy met Kelly-Lee”.

Dié week se maklike vraag is: Watter realiteitster het ’n vergadering met pres. Donald Trump gehad?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters