5 maande gelede
Wen twee boeke
 ~ 

TWEE lesers kan elkeen ’n boek wen deur ’n SMS aan Son te stuur.

  • Die eerste boek is It’s a Black White Thing.

In die hart van Suid-Afrika ontdek die Amerikaanse joernalis Donna Bryson dat ware verandering tog kan plaasvind.

Op die kampus van die Universiteit van die Vrystaat ontmoet sy swart en wit Suid-Afrikaners wat ’n ver pad gestap het om ou denkwyses te laat vaar en hul landgenote van alle rasse te aanvaar.

Dit lyk of swart en wit geleer het om op die kampus met mekaar saam te leef.

Bryson ontdek baie persoonlike stories van transformasie van studente en personeel met verskillende agtergronde. Dit vind plaas onder die charismatiese oudrektor Jonathan Jansen.

  • Die tweede boek is Liewe Heksie en die Helikopter.

Karel Kat kom kuier in Blommeland in sy nuwe helikopter. Almal kry ’n kans om saam te vlieg – selfs koning Rosekrans.

Maar sal Liewe Heksie kan help wanneer Karel en die koning per ongeluk in groot moeilikheid beland?

Een van die gewildste Liewe Heksie-stories nou in prenteboekformaat vir twee- tot vierjariges.

  • NB-Uitgewers skenk dié week se boeke.

Om te wen, moet lesers net ’n maklike vraag beantwoord.

SMS die woord BOEK en die antwoord op die vraag onder na 35128 (elke SMS kos R1,50).

Ons sal die wenners volgende week kontak.

Die vraag is weer uit die Kaap se voorste showbiz- ­rubriek, “Lekke’ Djy met Kelly-Lee”.

Dié week se maklike vraag is:Watter vrou­like model gaan nou ook in Keeping Up with the Kardashians verskyn?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters