4 maande gelede
Wen twee boeke
 ~ 

TWEE lesers kan elk ’n boek wen deur ’n SMS aan Son te stuur.

  • Die eerste boek is Ena Murray: Keur 16 en bestaan uit drie stories.

In Haar grootste offer keer dr. Ben Roux na sy geboortedorp terug, maar sy vrou, Marlene, weier om saam te gaan.

Sy is immers ’n stadsmens en sal nie elders aard nie. Toe sy egter van haar swangerskap uitvind, moes sy hoor hy wil skei.

In Skaduwees van gister het matrone Anmar Cloete se wêreldjie in die vyf jaar sedert haar verbreekte verlowing gekrimp tot die paadjie tussen haar woonstel en die hospitaal.

Karen Viljoen word in Plekkie in die son melaats verklaar.

Die oordeel dryf haar uit haar huis, haar droom­huwelik met Otto en haar baba – tot in Genadendal, ’n inrigting vir melaatses.

  • Die tweede boek is Spaghetti tussen jou tone.

Tom en Trevor se nuwe juffrou is amper te goed om waar te wees.

Haar naam is juffrou Zaan van Graan.

En almal sê sy word nooit ooit kwaad nie.

Maar Tom en Trevor hou van poetse bak.

Dit is hul spesiale talent! Daarom begin hulle dadelik planne maak.

  • NB-Uitgewers skenk dié week se boeke.

Om te wen, moet lesers net ’n maklike vraag beantwoord.

SMS die woord BOEK en die antwoord op die vraag onder na 35128 (elke SMS kos R1,50).

Ons sal die wenners volgende week kontak.

Die vraag is weer uit die Kaap se voorste showbiz-rubriek, “Lekke’ Djy” met Kelly-Lee.

Dié week se maklike vraag is: Watter aktrise trou môre met prins Harry?

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters