6 maande gelede
Wen kaartjies na Snorseun se show
Schalk Bezuidenhout
Wen kaartjies met Son na Snorseun.  ~ Son
Grapjas Schalk Bezuidenhout is terug in die Baai en die keer met sy eenman show, Snorseun

Die eenmanproduksie is Vrydag, 23 November 2018, op die planke by die Boardwalk.

Die komediant is bekend vir sy kleurvolle truie en wilde krullerige hare en op die verhoog is hy vol pret en energie.

Schalk het begin naam maak by feeste in die land en die verhoog met van die grootste name in Suid-Afrikaanse komedie gedeel.

Vir sy jongste show gaan hy terug na sy Afrikaanse wortels.

Kaartjies is R120 by Computicket maar Son het 5 dubbelkaartjies om weg te gee.

E-pos ons jou naam, van, kontaknommer en die naam van Schalk Bezuidenhout se eenmanproduksie na info@son.co.za.

Kompetisie sluit Donderdag 22 November om 12:00.

As die wenner(s) nie beskikbaar is nie, sal hy/sy die prys verbeur en 'n nuwe wenner sal gekies word.

Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie

LET WEL: HIERDIE KOMPETISIE IS SLEGS VIR DIE OOS-KAAP
Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters