3 maande gelede
Sterre onder die sterre
early b
Early B is een van die sterre onder die sterre op die berg.  ~ Verskaf

‘n Aand om nie te mis nie.

Dit is Vrydag 15 Februarie 2019 by die Afrikaanse Taalmonument.

Early B, ADAM en Irene-Louise van Wyk is die sterre onder die sterrre, op die berg.

Dié piekniekkonsert is ten bate van die Taalmonument se voorleesprojek vir kinders, Laat ons Lees!

Die konsert is 19:30 in die Tuinteater, wat ’n kleinboetie van die bekende Paarl-amfiteater is. Dis op die grasperk reg aan die voet van die monument geleë.

Besoekers is welkom om hul eie wyn en piekniekmandjie saam te bring of een by die Volksmond-koffiewinkel te bestel (021 863 2800).

Kaartjies wissel tussen R70 en R150 en is te koop by Computicket.

Bring ’n kombers of kussing en warm klere saam.

Veilige parkeerplek is beskikbaar (‘n pendeldiens sak besoekers vervoer) en toegang word beheer. Geen stoele, honde of vure word toegelaat nie.

Vir nog inligting, bel gerus 021 863 0543/4809 of besoek taalmonument.co.za

WEN KAARTJIES

Om 'n kaartjie te wen sê net VOOR Donderdag 18:00:waar op die berg sal die sterre optree.

E-pos jou antwoord, naam en telefoonnommer voor 18:00 op Donderdag 14 Februarie 2019 aan info@son.co.za.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters