4 maande gelede
Rockets vat weer vlam
The Rockets
Die immergewilde groep is Vrydagaand by die taalmonument.  ~ Verskaf

Die immergewilde R&B/popgroep The Rockets gaan Vrydagaand seker maak almal is vuur en vlam vir 2019.

Dié piekniekkonsert word aangebied ten bate van die Taalmonument se voorleesprojek vir kinders, Laat ons Lees! Besoekers word ook aangemoedig om enige kinderboeke vir hierdie doel te bring en te skenk.

Die piekniek begin 18:00 en die konsert 20:00 in die Tuinteater, wat ’n kleinboetie van die bekende Paarl-amfiteater is. Dis op die grasperk reg aan die voet van die monument geleë.

Besoekers is welkom om hul eie wyn en piekniekmandjie saam te bring of een by die Volksmond-koffiewinkel te bestel (021 863 2800).

Koffie, ligte verversings, wyn en bier sal te koop wees.

Kaartjies is vooraf te koop teen R100 vir volwassenes en R50 vir kinders (op www.computicket.com en by die Taalmonument).

Bring ’n kombers of kussing en warm klere saam.

Veilige parkeerplek is beskikbaar (? pendeldiens vervoer besoekers na die hek) en toegang word beheer. Geen honde of vure word toegelaat nie.

Vir nog inligting, bel gerus 021 863 0543/4809 of besoek taalmonument.co.za en facebook.com/afrikaansetaalmonument.


Lewer kommentaar op hierdie artikel
9 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters