3 maande gelede
Ikoon werk saam aan skreeusnaakse Happy New Year-romcom
bianca flanders, dean balie, david kramer,
Bianca Flanders en Dean Balie vertolk die hoofrolle in die produksie.  ~ Fugard-teater

Daar is niks so lekker soos ‘n skreeusnaakse, hartverwarmde romcom nie.

Eric Abraham en die Fugard-teater bied hierdie Februarie een aan – die Suid-Afrikaanse première van Happy New Year.

Die produksie is aangepas deur die Suid-Afrikaanse ikoon, David Kramer, van die gesogte toneelstuk Midsummer deur David Greig en Gordon McIntyre en word reggiseur deur Nicolas Kent.

Happy New Year word vanaf 19 Februarie in die Fugard Studio Teater aangebied en besprekings is nou oop.

Bianca Flanders en Dean Balie, bekende gesigte in teater, vertolk die hoofrolle van Lee-André en Dan.

Lee-André, ’n geskeide prokereur, en Dan, ‘n small-time salesman en kleinskaalse-misdadiger, verskil hemelsbreed maar na ‘n naweek van alkohol-gevulde avonture besef die twee dat hulle nie so verskillend is nie.

Bianca, wat ook tans besig is met Krotoa: Eva van die Kaap, hou veral van die relevansie van Happy New Year en die soort van anti-romanse tema.

“Die love story is anders as met die in die regte lewe en ek hou van die ironie en humor wat daarmee gaan. My karakter, Lee-André, is ook nie die stereotipiese vrou nie. Sy is intressant, tog kompleks, geskryf, vertel Bianca.

“Ek voel ek speel ‘n vrou en nie die verteenwoordig van ‘n tipe vrou nie.”

Dean is mal oor die eg menslike eienskappe wat Dan besit en dat die emosies en gevoelens so uitwendig uitgedruk word.

“Toe ek die script vir die eerste keer lees het ek beserf ons sien nie aldag karakters soos Lee-André en Dan in teater-produksies nie. Dit is veral die verstandhouding en aanvaarding van liefde van Happy New Year wat uitstaan.”

Behalwe Happy New Year is Dean ook besig om ‘n toneelstuk en nuwe musiek te skryf wat deur die loop van die jaar bekendgestel sal word.

Kaartjies vir Happy New Year wissel tussen R160 en R220 en vir meer inligting besoek die Fugard-teater se webwerf: www.thefugard.com of bel 021 461 4554. 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters