5 maande gelede
Krismis mét die Sterre
aanbieder: Die aktrise Jill Levenberg tree op as seremoniemeester. Foto: Jaco Marais  ~ 

DIE Afrikaanse Taalmonument en Shining Stars bied op 15 Desember ’n aand vol vermaak aan.

So, bring jou kussing en warm klere saam en geniet van die beste Bolandse musiektalent onder die sterre. Die sangsensasie Amira Willighagen, wat al in verskeie lande opgetree het, sal as gaskunstenaar optree.

Sy het Holland’s Got Talent in 2013 gewen.

Die aktrise Jill Levenberg, bekend as antie Mymoena in Suidooster, tree op as die seremoniemeester. Levenberg is tans te sien in die movie Die Storie van Ellen Pakkies.

Musiekgroepe wat gaan optree, sluit in Probell Woodwind Brass, Ida’s Valley’s Young Souls, Heathfield OAC Band, Eersterivier Silverstreams, Ambassadors, Makupula­ High, Flave Five­ en Sinc4.

Michael Jonas, die direkteur van die Afrikaanse Taalmuseum en -monument, sê: “Die hoofdoel is om die geboorte van Jesus te beklemtoon deur middel van sang en musiek.”

Krismisliedere sag op die oor word gewaarborg.

Vertonings begin 18:00 in die bekende Paarl-amfiteater.

Kaartjies is te kry by Computicket en by die Taalmonument. Dit kos R100 vir volwassenes en R50 vir kinders (4-6 jaar). Vir kinders onder ses is dit gratis.

Daar sal kos, koeldrank en drankies te koop wees. Veilige parkering is beskikbaar en toegang word beheer.

Geen eie kos en drank, honde of vure word toegelaat nie.

WEN KAARTJIES

Gelukkige Son en Kuier lesers kan kaartjies na die show wen. Antwoord slegs: In watter dorp kry jy die Afrikaanse Taalmonument?

E-pos ons jou antwoord en kontaknommer na info@son.co.za.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters