3 maande gelede
Aktivering vir Sonlanders in die Oos-Kaap
uitenhage karnaval
Die jaarlikse Uitenhage straatkarnaval is vanjaar op 29 en 30 November 2019.  ~ 

Koop Son en Son op Sondag en staan ’n kans om jou deel van R10 000 se kontantpryse te wen!

Hoe om deel te neem:

• Vul die advertensie in die koerant in.

• Knip die advertensie uit en bring dit saam na Son se aktivering. Die aktivering vind op die Uitenhage-straatkarnaval plaas tussen 16:00 en 17:00 op Saterdag 30 November 2019.

• Sodra die uitknipsel ingedien is, kwalifiseer jy vir ‘n trekking van kontantpryse.

Bepalings en voorwaardes:

• Die loting word tussen 16:00 en 17:00 op Saterdag 30 November gedoen.

• Deelnemers kan net kwalifiseer as hulle die advertensie gedurende die aktivering ingedien het.

• Kontantpryse van R10 000 kan gewen word. Die pryse is een van R5 000, twee van R2 000 en een van R1 000.

• Reëlings vir die ontvangs van sy of haar kontantprys sal direk met die wenners getref word.

• Die wenners van die kontantpryse moet teenwoordig wees om dit te ontvang. As ’n wenner nie teenwoordig is om sy of haar kontantprys te ontvang nie, verbeur hy of sy dit en sal ’n nuwe wenner geloot word.

• Wenners moet ‘n geldige Suid-Afrikaanse ID en ‘n bankrekening hê. Die wenners moet vereiste dokumentasie indien, waarna hul pryse dan ’n week of twee daarna elektronies oorgeplaas (EFT) sal word na hul bankrekening.

• Wenners het tot 13:00 Maandag 2 Desember 2019 om die nodige dokumentasie in te dien.

• Werknemers van Media24, Son, Son op Sondag, die kompetisieborge en ál dié werknemers se familielede mag nie deelneem nie.

Vir meer inligting oor die kompetisie bel vir Sandy Rooy by 041 503 6211.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters