Verlede maand
Afrikaans ruk krismis tyd
afrikaans ruk
Die manne van Afrikaans Ruk  ~ Afrikaans Ruk

Is Krismis time! 

Dis ook die title van Mark Matroos van Afrikaans Ruk en Winley Wheat se nuwe liedjie.

“Die liedjie bevat talle Chrismas elemente en is gesprekke en gebeure in afrikaanse gemeenskappe wat voeg tot die opbouing van die feesseisoen,” vertel Matroos.

“Dis pret om te sien en te beleef hoe die seisoen kom en gaan. Mense besef dat die seisoen finansiëel baie vereis, maar steeds spend hulle en dan moet hulle Januworry face.”

Mark voeg by: “Ons weet dit gaan ‘n treffer wees en mense moet dit own.

“Ons wou die song so oorspronklik moontlik hou en mense laat sien dat al gaan ons deur wat, ons maak die beste van elke situasie.”

Volgens Winley Wheat is dit ‘n eer om iets vir jou gemeenskap te doen.

“Of dit nou deur ‘n song is of wat, mense moet gelukkig wees.”

Die twee wens almal ‘n geseënde feesseisoen end at almal veilig op die paaie sal wees.

“Roep jou bure, smile en sê dis krismis time!”

Gelukkig Sonlanders kan 'n CD van Afrikaans Ruk wen. Ons wil weet wat is die naam van hul nuwe liedjie. Stuur jou antwoord saam met jou naam, dorp waar jy woon en kontaknommer na info@son.co.za.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters