15 dae gelede
Monde hang oop vir Zodwa by Durban July
Zodwa Wabantu
Zodwa Wabantu by die Durban July  ~ Instagram

DIE oë was Saterdag by die Durban July amper meer op die televisiepersoonlikheid Zodwa Wabantu as wat dit op die perde was.

Die danser het omtrent die koppe laat draai met haar uitrusting wat niks aan die verbeelding oorgelaat het nie.

Sy het 'n swart 'rok' aangehad wat net-net haar privaatdele voor bedek het. Die agterkant was heeltemal kaal.

Die reaksie op 'n foto wat Zodwa op Instagram geplaas het, was verdeeld.

"Ek hou van jou, maar jy moet van ontwerper verander. Daar is geen kreatiwiteit nie. Dis te boring vir die Durban July. Ons weet klaar jy is vreesloos en kan enige deel van jou liggaam afshow, maar die outfit is soortgelyk aan die ander wat jy dra as jy optree," het een geskryf.

'n Ander een het haar gekomplimenteer (dalk sarkasties) dat sy baie uitgerig het met so min materiaal.

Nog een wou weet hoekom almal haar so kritiseer.

"Julle ouens is boring. As dit Nicki Minaj of Beyoncé was, sou julle haar geloof het."

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters