11 dae gelede
Zendaya in ’n suit? Sy mag!
Girl power: Zendaya lyk sexy in ’n Berluti-pak op die New Yorkse modeskou.Foto’s: eonline.com  ~ 

MIN mans lyk beter as die sexy Michael B. Jordan in ’n suit.

Maar daar is vir seker een vrou wat beter as Michael in ’n pak lyk.

En die vrou is niemand anders nie as die pragtige krulkop Zendaya.

Die aktrise van die TV-reeks Euphoria het asems laat wegslaan by die New York-modeweek.

Dit was toe sy in ’n grys tailored pak opgedaag het.

Dis identies aan die Berluti-pak wat Michael in Februarie op Vanity Fair se Oscar-paartie in LA gedra het.

Ongetwyfeld

En natuurlik wil almal weet wie van die twee die beste in die pak gelyk het.

Michael meen die mooie Zendaya het ongetwyfeld beter as hy gelyk.

Ek sien op E! in ’n post waar die twee sterre se looks vergelyk word, sê die Black Panther-akteur: “Zendaya wen loshande. Dis nie eens ’n contest nie.”

Wel, ek dink hulle lyk ewe sexy in die suit.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters