28 dae gelede
Zahara sê cop wou haar rape
HARTSEER: Zahara vertel ’n polisiebeampte het haar probeer verkrag.  ~ Getty Images

DIE plaaslike sangeres Zahara het op TV vertel hoe ’n polisieman haar amper verkrag het.

Die “Loliwe”-sangeres was ’n gas op e.tv se The Morning Show vir ’n eksklusiewe onderhoud waarin sy gepraat het oor die gru-voorval wat ’n paar jaar gelede gebeur het.

Sy was baie emosioneel toe sy haar storie gedeel het om lig te werp op geweld teen vroue in Suid-Afrika, asook die #MeToo-veldtog.

Met trane wat oor haar gesig stroom, vertel die sangeres: “Dit was in Oos-Londen in die Oos-Kaap. ’n Polisiebeampte het aangebied om my ’n lift te gee.”

Volgens haar het hy haar na ’n afgeleë plek in Buffalo Park geneem waar daar baie bosse is.

Bose

“Ek het hom vertel waarheen ek gaan en hom die besonderhede van die mense gegee. Hy het dit geïgnoreer.” Sy sê dis tóé dat sy besef het hy het bose planne met haar.

“Ek het hom gesê hy’t ’n verkeerde draai geneem en hy het op my geskree dat ek my mond moet hou. Hy het toe na ’n brug gery en my met pepper spray bespuit.

Sy sê die ou wou haar na ’n bebosde gebied neem. Sy het om genade gesmeek, maar die cop het sy pistool op haar gerig.

Toe hy die kattebak oopmaak, het sy haar kans aangegryp en vir haar lewe gehardloop.

“Gelukkig was dit baie naby aan waar my oudste suster woon.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters