12 dae gelede
"You can't see me... chi-chi"
sho madjozi,john cena,kelly clarkson
Sho Madjozi het John Cena op die Kelly Clarkson Show ontmoet.  ~ 

SY HET nog so ge-“chi chi” en toe staan John Cena reg agter haar!

Ja, julle! Ôs eie kruie Sho Madjozi het Vrydag vir John Cena op Kelly Clarkson se splinternuwe show ontmoet.

Sy het haar hit “John Cena” gesing toe die wrestler en akteur haar verras het.

Soos gewoonlik het sy te oulik gelyk in ’n flambojante helderkleurige outfit met pienk vere en die gehoor entertain met haar lekker moves.

Die gehoor het geskree toe hulle John Cena agter haar gewaar en toe sy besef wat aangaan, was daar geen manier dat sy kon aangaan met die performance nie. Sy het op en af van blydskap gespring en toe na John gehardloop en aan hom geklou soos ’n neut.

Dié song van die Suid-Afrikaner het vir haar so baie deure oopgemaak. Dit het die John Cena Dance Challenge op The Ellen De Generes Show begin.

Missy Elliot is ook ’n fan van die song.

Kind van Afrika, jou drome is geldig! 


Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters