2 maande gelede
Xander verlaat 7de Laan ná 14 jaar
Theodore Jantjies se karakter Xander gaan 7de Laan groet.  ~ 

THEODORE Jantjies, wat vir die afgelope 14 jaar die rol van Xander Meintjies in 7de Laan vertolk het, gaan dié gewilde sepie verlaat.

Jantjies het die aankondiging op sy Facebook-blad gemaak.

"Xander Meintjies is vir die afgelope 14 jaar deel van my lewe. Ons het ups and downs, trane van blydskap en hartseer vir meer as 'n dekade gedeel.

"Ek het die voorreg gehad om die karakter te leer ken en hom met almal van julle in sy perfekte én onperfekte glorie te deel."

Jantjies sê dit was een van die hoogtepunte van sy loopbaan om deel te wees van een van Suid-Afrika se geliefde sepies.

"Ek is dankbaar dat 'n wye verskeidenheid van storielyne aan my toevertrou is wat die kykers kon roer, inspireer en motiveer.

"Ek is heeltemal nederig vir hoe die geleenthede my as akteur uitgedaag het, iets waarvoor ek verewig dankbaar sal wees."

Jantjies het Danie Odendaal en Annie Basson bedank vir die geleentheid asook vir Henry Mylne, sy "vriend en mentor".

"Dankie 7de Laan vir die wonderlike platform wat my die geleentheid gegee het om my vaardighede ten toon te stel en om aspirant akteurs te kon inspireer.

"Aan al die fans, die mense wat lief was vir Xander, hom ondersteun, met hom gelag en gehuil het, julle liefde en ondersteuning was baie belangrik vir my."
Lewer kommentaar op hierdie artikel
6 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters